Ek is dankbaar om aan te kondig:
Die volgende publikasie – Gebore vir ‘n tyd soos hierdie. ‘n Kommentaar op die boek Ester – word DV op 26 Januarie 2026 vrygestel deur Lig in Duisternis-uitgewers.
Die publikasie verskyn onder redaksie van myself en ds. Schalk Strauss, met verskeie teoloë as medewerkers. Die publikasie gee ‘n gereformeerde perspektief op die boek Ester en fokus onder andere op die verklaring, apokaliptiek, etiek, praktiese toepassings en navorsingsgeskiedenis van dié Ou-Testamentiese boek. Daar word ook in diepte lig gewerp op die verskillende weergawes van Ester in die Masoretiese teks in vergelyking met die Septugaint se Griekse weergawe en apokriewe byvoegings.
Een van die uitnemende kenmerke van die publikasie, is dat daar nie met ‘n histories-kritiese vertrekpunt wat so algemeen in moderne teologiese werke voorkom, gewerk word nie, maar die hele boek werk vanuit die teologiese vertrekpunt van Ester as kanonieke boek wat deur die Heilige Gees geïnspireer is, en derhalwe deel is van die hele Bybelse heilsgeskiedenis en die uiteindelike vervulling in Christus.
Die publikasie sal vanaf 27 Januarie 2027 by Lig in Duisternis uitgewers te koop wees. Hou gerus hulle webblad en media-bekendstelling dop.
“Gebore vir ‘n tyd soos hierdie” word aanbeveel vir leraars en lidmate wat die boek Ester wil bestudeer vanuit ‘n behoudende, reformatoriese perspektief.




Een van die mees populêre aannames in ons tyd is dat geloof iets persoonliks is wat jy op jou eie kan uitleef. Jy kan glo sonder om deel te wees van ‘n kerk. Jy kan geestelik groei sonder die las om op ‘n Sondag vroeg op te staan. Dit is ‘n onbybelse idee.







Armoede is so oud soos die mensdom self, maar dit bly ’n brandpunt in elke tyd en samelewing. Jesus het gesê ons sal die armes altyd by ons hê (Matt. 26:11). Ten spyte hiervan, het elke tyd en elke geslag ‘n verantwoordelikheid om dié wat minderbevoorreg is, te help. Dit is in besonder die roeping van die kerk, wat die barmhartigheid wat Christus aan ons bewys het, ook aan ander moet wys.

Die herdenking van die 1700ste jaar sedert die Konsilie van Nicéa (325 n.C.), het vanjaar verskeie geleenthede gebied om die kern van die Christelike geloof weer te oordink en te bely.
Wanneer Christene sê dat “Jesus die Christus” is, maak hulle ’n openbare, politieke verklaring. Hulle maak ‘n verklaring wat die magstrukture van die wêreld direk uitdaag. Die evangelie is nié ’n a-politiese boodskap nie. As ons sê dat alle gesag aan Christus onderwerp is, sê ons indirek dat alle aardse magte aan Hom onderwerp is. Dit beteken dat géén aardse mag vir altyd sal hou nie en dat alle regerings sal verbygaan. Dit is dus ’n politieke aankondiging wat alle aardse gesag onder Christus se heerskappy plaas. 
Vandag is 31 Oktober. Op dié dag in 1517, het Martin Luther die 95 stellinge teen die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker. Dit het die reformasie begin.
Ons herdenk hierdie week die Protestantse kerkhervorming wat amptelik begin het op 31 Oktober 1517 toe Martin Luther die 95 stellinge teen die Roomse dwaalleer teen die Wittenberg kerkdeure vasgespyker het.







Soms kom daar vreemde uitsprake in ons tyd voor, byvoorbeeld die bewering dat “Amen” nie ‘n Bybelse woord is nie en sou verwys na die 
In ons tyd word die Bybel en evangelie dikwels behandel asof dit ’n gewone verbruiksartikel of handelsproduk is. Die Here Jesus leer self dat die arbeider sy loon werd is (Lukas 10:7). Daarom kan daar nie fout gevind word met die gebruik dat ‘n leraar deur ‘n gemeente getrakteer word om die Woord van die Here te bedien in ruil vir versorging nie, of dat die Bybel verkoop word in ruil vir die instandhouding van die diens nie. Dit neem egter nooit die verantwoordelikheid van die kerk weg om soos ‘n profeet van ouds die Woord van God te bedien en uit te deel sonder voordeel of vrees nie.
Ons vier vandag die 150ste herdenking sedert die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA). Dis is ‘n besondere geleentheid aangesien dit ook saamval met die eeufeesviering van Afrikaans as amptelike taal.

In ’n wêreld waar geloofsoortuigings al hoe meer benader word asof dit afhang van die mening van die meerderheid, is dit noodsaaklik om as Christene duidelik te formuleer waarom geloof in die letterlike bestaan van die hemel ’n fundamentele waarheid in die Bybelse leer is. Die Bybel bied ’n perspektief op die hemel as ’n werklike plek, wat voorberei word deur Christus self, waar gelowiges in ewige gemeenskap met God sal verkeer. Hierdie waarheid is nie opsioneel vir die geloof nie, want dit anker die eskatologiese verwagting, morele lewe, en troos van die kerk deur die eeue heen in die belydenis van wat die Bybel daaroor leer.
Die leer van die wegraping soos dit in baie populêre charismatiese- en dispensasionele kringe verstaan word, naamlik dat Christus geheimsinnig kom om die gelowiges van die aarde weg te neem (weg te raap) voor of tydens ’n toekomstige groot verdrukking, is nie ’n suiwer Bybelse of gereformeerde beskouing nie. Dit berus eerder op ’n spesifieke eskatologiese raamwerk wat eers in die 19de eeu na vore gekom het deur John Nelson Darby en later populêr geword het deur die Scofield Reference Bible.


Die geskiedenis van Europa is verweef met die geskiedenis van die Christelike kerk. Hier het die geloof wortel geskiet, die hervorming plaasgevind, die Bybel is hier in verskillende Europese tale vertaal, kerke is gestig, en teologiese tradisies is gevorm. Europa se geskiedenis het die wêreld se denke tot vandag toe beïnvloed. Tog het die kerk se invloed op dié kontinent dramaties verander. Europa was die bakermat van die Christelike geloof en het nou ‘n sendingveld geword.
Ons leef in ’n tyd waarin Bybelse gebruike en kerklike tradisies dikwels bevraagteken word. Een van hierdie vraagtekens handel oor die doop van kinders. Dit is ‘n vraag wat sedert die beginjare van die Christelike kerk gevra word en wat dikwels in ons tyd herhaal word wanneer mense vra: Moet ‘n persoon nie eers tot geloof kom voordat hulle gedoop word nie?






Die skrywer, Steve Turner, het ‘n boek geskryf waarin hy die geestelike en godsdienstige invloed van die Beatles bespreek. Die Beatles word beskou as die “band that changed the history of music forever”.
Een so ‘n publikasie het onlangs verskyn en is die moeite werd om te lees. Die naam is: Awakening Wonder: A Classical Guide to Truth, Goodness & Beauty deur dr. Steve Turley. Turley het geen bekendstelling nodig in konserwatiewe teologiese kringe nie en hierdie boek bied werklik ‘n nuwe kyk op hoe die rasionalisme ons wêreld en ons denkraamwerk so kom verander het, dat baie mense in die greep van liberalisme eintlik niks anders is as post-Christene nie, al sou hulle hulself met die Christelike geloof vereenselwig. 