Merkwaardige wending in Nestlé-Aland grondteks

Einde Januarie 2017 is ‘n simposium in Pretoria gehou ter viering van die Reformasie 500 met die tema: Reformasie 500 – grondteks en Bybelvertaling met fokus op die Statevertaling.

Tydens die geleentheid het ek ‘n referaat gelewer oor nuwe tendense en moontlikhede in die studie van die grondteks van die Nuwe Testament. Na aanleiding van die geleentheid, het ek die afgelope tyd spesifiek ondersoek ingestel na die verskille tussen die Nestlé-Aland 27 en Nestlé-Aland 28 uitgawes en ‘n merkwaardige tendens opgemerk ten opsigte van die neiging wat tans in die kritiese uitgawes van die Griekse Nuwe Testament in ontwikkeling is. Dit toon dat die Nestlé-Aland teks, anders as wat verwag sou word, al hoe nader aan die grondteks van die Bisantynse Meerderheidsteks en die sogenaamde Textus Receptus beweeg. Tans is slegs die wysigings aan die Algemene Briewe van die Nuwe Testament soos dit verskyn in die nuwe Nestlé-Aland 28 uitgawe beskikbaar. ‘n Vergelykende studie bied egter reeds baie interessante tendense aan. Continue reading

Twaalfde grot by Qumran ontdek

Die wêreld het vanoggend wakker geword met die nuus dat argeoloë ‘n twaalfde grot by die bekende Qumrangrotte ontdek het. Vir baie jare was daar bespiegelinge onder geleerdes dat daar moontlik nog grotte in die omgewing is wat manuskripte van die Essener-gemeenskap by die Dooie See kon bevat (vgl. bv. my artikel hier waarin ek reeds in 2007 verwys het na die moontlikheid). Continue reading

God se Woord in Grieks

Gister was internasionale Septuagint-dag. Die ontstaan van die Griekse vertaling van die Ou Testament, bekend as die Septuagint (LXX), moet verstaan word teen die agtergrond van die 3de eeu voor Christus en die gebeure in Aleksandrië, Egipte. Hoewel Hebreeus steeds deur die Jode in Palestina gepraat was, was Grieks reeds vir etlike dekades die spreektaal van die Jode in Aleksandrië, wat in Egipte gevestig het as gevolg van die diaspora (verstrooiing) onder die Assiriese ballingskap. Continue reading

Opvolg op gesprek: Daar is meer!

Verlede week het ek verwys na ‘n referaat wat ek gelewer het in verband met die sakramentsbeskouing van die reformasie en spesifiek die besondere belydenisskrifte onder die titel: Daar is meer! Indien u dit gemis het, lees dit hier: Daar is meer!

Tydens dieselfde geleentheid het ek die podium gedeel met prof. Danie Goosen, wat ‘n referaat gelewer het met dieselfde titel, met fokus op die gemeenskapsgedagte as antwoord op die liberale modernisme. Continue reading

Daar is meer!

Tydens die afgelope teologiese konferensie van die APA in Pretoria is gefokus op die moontlike herwinning van die reformasie se erns met die Skrif en die reformatoriese inhoud in ons teologie rondom die sakramente.

Die tema was: Daar is meer! Tydens die geleentheid was daar verskillende sprekers wat ‘n oorsig gegee het oor die teologie van gemeenskap in die Skrif, die belydenisskrifte en die geskiedenis. Continue reading