God maak nie onderskeid nie

God maak nie onderskeid nie

prof. Gerrit Smit

Lees: Hand. 10:1-48

Uit enige volk

Lees: Hand. 10:34-35

Die heidense afgodery het hier in Cesaréa gefloreer en die mense van die stad. Hierdie was die eerste maal dat Petrus met iemand buite die Joodse volk oor Christus gepraat het. As Jood was hy seker baie bewus daarvan dat hierdie ‘n unieke situasie was – nie net vir hom nie, maar ook vir Cornelius wat aan ‘n ander volk behoort het. Die verbasing oor God se genade aan iemand buite die Joodse volk spreek duidelik uit verse 34-35. Die Skrif het nie ruimte vir die standpunt dat God net sekere mense aanneem op grond van status of iets soortgelyk nie. Dis duidelik uit die prediking van Petrus en Paulus (Hand. 10:34; Rom. 2:10; Gal. 3:28).

Calvyn: Daar sal geen teenstrydigheid wees as ons sê dat God volgens die oordeel van sy welbehae diegene wat Hy goedvind, sonder verdienste as sy kinders uitverkies maar ander verstoot en verwerp nie (Inst. III.23.10, 22-24).

Aangeneem uit genade

God is nie partydig nie. Die wat deur God verwerp word, verdien sy straf, maar die wat gered word verdien nie die genade nie (lees bv. Mt. 18:15-35). Hy het die mag om vry te spreek en Hy het die mag om te verdoem. En Hy gee soos Hy wil. Deur nie aan almal te gee nie, word sy genade aan die gelowige des te meer sigbaar. In dié verband is die belydenis van Petrus oor die regverdigheid van God in Handelinge 10 nie alleen ‘n persoonlike belydenis nie, maar die belydenis van die kerk deur die eeue heen dat in elke nasie die een wat Hom vrees…Hom welgevallig is”.

Om oor na te dink: Op watter terreine van u lewe gebruik die Here u tans om van Hom te getuig? Is daar in u gemeentegrense persone wat soos rou heidene leef? Wat doen u en u gemeente daaraan? Bid die Here om u vrymoedigheid te gee om in alle opsigte sy Evangelie te verkondig.