Hierdie artikel ondersoek die teologiese motief van burgerskap en stryd in die Brief aan die Filippense. Teen die agtergrond van Filippi as ’n Romeinse kolonie word aangetoon dat Paulus doelbewus gebruik maak van bekende burgerlike, militêre en atletiese taal om die identiteit en roeping van die Christelike gemeente te beskryf. Die sentrale argument is dat burgerskap en stryd in Filippense as ’n geïntegreerde teologiese motief funksioneer. Die gebruik van πολιτεύεσθε in Filippense 1:27, στήκετε en συναθλοῦντες in 1:27, die gebruik van ἀγών in 1:30 en πολίτευμα in 3:20 vorm saam ’n deurlopende beeld van gelowiges as burgers van ’n hemelse koninkryk wat binne ’n aardse kolonie leef. Hierdie burgerskap bepaal hulle lojaliteit, onderlinge eenheid, volharding en openbare getuienis.
Filippense 2:5-11 vorm die Christologiese sentrum van hierdie motief. Christus is die Modelburger van die hemelse koninkryk, wie se heerskappy deur selfvernedering, gehoorsaamheid en die kruis heen tot verhoging lei. Die Christelike stryd word gevolglik nie deur geweld gevoer nie, maar deur eensgesindheid, nederigheid, gehoorsaamheid, volharding, lyding en getrouheid aan Christus.
Die artikel toon verder aan hoe hierdie taal in die vroeë kerk voortgeleef het by onder andere Klemens van Rome, Ignatius van Antiochië, Tertullianus en Polukarpus.
Die gevolgtrekking is dat die burgerskaps- en strydmotief ’n belangrike sleutel bied tot die verstaan van die eenheid van Filippense en tot die kerk se identiteit en roeping binne die samelewing.


































Jy trek soggens aan sonder om daaroor te dink. Tog sê jou klere reeds iets oor jou voor jy ’n woord kan praat.




Die AP Akademie bied die volgende Kortkursus aan: 
Die afgelope jare, en veral sedert Covid, het ’n nuwe vorm van “Bybellees” posgevat – op selfone. Kort video’s, vinnige aanhalings en treffende Bybelverse word daagliks gedeel op sosiale media. Sommige is baie goed en aanvaarbaar, maar ‘n mens is dikwels verstom oor die vlakheid van die teologie in ander, wat soms met groot oortuiging en min konteks aangebied word. Hierdie verskynsel, wat ek “TikTok-teologie” wil noem, is ’n moderne hermeneutiese uitdaging. Aan die een kant kan mens dankbaar wees dat die Bybel wel aangehaal word, maar hóé dit aangehaal word, los van die konteks en watter verstaan daaraan gegee word, plaas ‘n groot vraagteken oor Skrifgesag. Om ’n teks buite konteks te lees, was nog altyd ’n vorm van inlees en nie uitleg nie, ongeag die vernuf om mense se aandag te trek.

Vryheid is ’n woord wat maklik gebruik word, maar selde konsekwent deurdink word. In politieke en ekonomiese gesprekke word vryheid dikwels gereduseer tot stemreg of gelykheid voor die grondwet. Tog wys die geskiedenis, en die Bybel nog meer, dat ware vryheid onlosmaaklik verbind is aan verantwoordelikheid, selfstandigheid en orde. Waar hierdie dinge verdwyn, volg afhanklikheid, en waar afhanklikheid wortelskiet, verdwyn ‘n mens se vryheid.




Een van die mees populêre aannames in ons tyd is dat geloof iets persoonliks is wat jy op jou eie kan uitleef. Jy kan glo sonder om deel te wees van ‘n kerk. Jy kan geestelik groei sonder die las om op ‘n Sondag vroeg op te staan. Dit is ‘n onbybelse idee.







Armoede is so oud soos die mensdom self, maar dit bly ’n brandpunt in elke tyd en samelewing. Jesus het gesê ons sal die armes altyd by ons hê (Matt. 26:11). Ten spyte hiervan, het elke tyd en elke geslag ‘n verantwoordelikheid om dié wat minderbevoorreg is, te help. Dit is in besonder die roeping van die kerk, wat die barmhartigheid wat Christus aan ons bewys het, ook aan ander moet wys.

Die herdenking van die 1700ste jaar sedert die Konsilie van Nicéa (325 n.C.), het vanjaar verskeie geleenthede gebied om die kern van die Christelike geloof weer te oordink en te bely.
Wanneer Christene sê dat “Jesus die Christus” is, maak hulle ’n openbare, politieke verklaring. Hulle maak ‘n verklaring wat die magstrukture van die wêreld direk uitdaag. Die evangelie is nié ’n a-politiese boodskap nie. As ons sê dat alle gesag aan Christus onderwerp is, sê ons indirek dat alle aardse magte aan Hom onderwerp is. Dit beteken dat géén aardse mag vir altyd sal hou nie en dat alle regerings sal verbygaan. Dit is dus ’n politieke aankondiging wat alle aardse gesag onder Christus se heerskappy plaas. 
Vandag is 31 Oktober. Op dié dag in 1517, het Martin Luther die 95 stellinge teen die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker. Dit het die reformasie begin.
Ons herdenk hierdie week die Protestantse kerkhervorming wat amptelik begin het op 31 Oktober 1517 toe Martin Luther die 95 stellinge teen die Roomse dwaalleer teen die Wittenberg kerkdeure vasgespyker het.






