Hierdie studie het ontstaan uit my voorbereiding vir ’n kursus wat ek in Oktober vanjaar aanbied vir die Meestersgraad-studente aan die Puritan Reformed Theological Seminary (PRTS) oor die geskiedenis en bewaring van die Bybelse teks. Terwyl ek die oordrag en ontvangs van die Bybelse teks in die vroeë kerk nagevors het met die oog op die lesings, het die aanhalingspraktyke van die Apostoliese Vaders my veral opgeval. Ek het opgemerk dat hulle Skrifaanhalings dikwels met werkwoorde van “spreek” in die teenwoordige tyd, soos λέγει, φησίν en λαλεῖ, ingelei het, terwyl die perfektum passief γέγραπται die mees voor-die-hand-liggende woord sou wees.
Hierdie waarneming het aanleiding gegee tot ’n nadere ondersoek na die vraag of die grammatikale vorm van hulle Skrifaanhalings ’n breër verstaan van die Skrif weerspieël het, naamlik as goddelike spraak wat in die hede aan die kerk gerig word. Hierdie artikel poog om die verskynsel binne sy historiese, literêre en teologiese konteks te ondersoek.
ABSTRACT
The Apostolic Fathers frequently introduce scriptural citations with present-tense verbs of speaking (λέγει, φησίν, λαλεῖ) alongside the perfect verb γέγραπται. They locate the reception of these texts in the gathered assembly, identify the speaker with the Word who proceeds from the silence of the old covenant, and treat the Spirit’s activity as continuing in the church’s reading and proclamation. Taken together, these habits suggest that Scripture functions for them less as a written record to be consulted than as divine address that is heard in the present. This study examines the relevant texts in their historical setting and then considers what light this early approach to divine speech may shed on the reformed understanding of Scripture as the viva vox Dei.
You can read the article on Academia.edu or Researchgate





































Jy trek soggens aan sonder om daaroor te dink. Tog sê jou klere reeds iets oor jou voor jy ’n woord kan praat.




Die AP Akademie bied die volgende Kortkursus aan: 
Die afgelope jare, en veral sedert Covid, het ’n nuwe vorm van “Bybellees” posgevat – op selfone. Kort video’s, vinnige aanhalings en treffende Bybelverse word daagliks gedeel op sosiale media. Sommige is baie goed en aanvaarbaar, maar ‘n mens is dikwels verstom oor die vlakheid van die teologie in ander, wat soms met groot oortuiging en min konteks aangebied word. Hierdie verskynsel, wat ek “TikTok-teologie” wil noem, is ’n moderne hermeneutiese uitdaging. Aan die een kant kan mens dankbaar wees dat die Bybel wel aangehaal word, maar hóé dit aangehaal word, los van die konteks en watter verstaan daaraan gegee word, plaas ‘n groot vraagteken oor Skrifgesag. Om ’n teks buite konteks te lees, was nog altyd ’n vorm van inlees en nie uitleg nie, ongeag die vernuf om mense se aandag te trek.

Vryheid is ’n woord wat maklik gebruik word, maar selde konsekwent deurdink word. In politieke en ekonomiese gesprekke word vryheid dikwels gereduseer tot stemreg of gelykheid voor die grondwet. Tog wys die geskiedenis, en die Bybel nog meer, dat ware vryheid onlosmaaklik verbind is aan verantwoordelikheid, selfstandigheid en orde. Waar hierdie dinge verdwyn, volg afhanklikheid, en waar afhanklikheid wortelskiet, verdwyn ‘n mens se vryheid.




Een van die mees populêre aannames in ons tyd is dat geloof iets persoonliks is wat jy op jou eie kan uitleef. Jy kan glo sonder om deel te wees van ‘n kerk. Jy kan geestelik groei sonder die las om op ‘n Sondag vroeg op te staan. Dit is ‘n onbybelse idee.







Armoede is so oud soos die mensdom self, maar dit bly ’n brandpunt in elke tyd en samelewing. Jesus het gesê ons sal die armes altyd by ons hê (Matt. 26:11). Ten spyte hiervan, het elke tyd en elke geslag ‘n verantwoordelikheid om dié wat minderbevoorreg is, te help. Dit is in besonder die roeping van die kerk, wat die barmhartigheid wat Christus aan ons bewys het, ook aan ander moet wys.

Die herdenking van die 1700ste jaar sedert die Konsilie van Nicéa (325 n.C.), het vanjaar verskeie geleenthede gebied om die kern van die Christelike geloof weer te oordink en te bely.
Wanneer Christene sê dat “Jesus die Christus” is, maak hulle ’n openbare, politieke verklaring. Hulle maak ‘n verklaring wat die magstrukture van die wêreld direk uitdaag. Die evangelie is nié ’n a-politiese boodskap nie. As ons sê dat alle gesag aan Christus onderwerp is, sê ons indirek dat alle aardse magte aan Hom onderwerp is. Dit beteken dat géén aardse mag vir altyd sal hou nie en dat alle regerings sal verbygaan. Dit is dus ’n politieke aankondiging wat alle aardse gesag onder Christus se heerskappy plaas. 
Vandag is 31 Oktober. Op dié dag in 1517, het Martin Luther die 95 stellinge teen die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker. Dit het die reformasie begin.
Ons herdenk hierdie week die Protestantse kerkhervorming wat amptelik begin het op 31 Oktober 1517 toe Martin Luther die 95 stellinge teen die Roomse dwaalleer teen die Wittenberg kerkdeure vasgespyker het.



