Pilgrim’s Progress gratis beskikbaar

Ek het reeds vantevore hier berig oor die bekendstelling van John Bunyan se Pilgrim’s Progress. Verlede jaar is die animasiefilm bekend gestel en as deel van die wêreldwye COVID-19 inperkings wat tans 2 biljoen mense in afsondering het, stel hulle die film gratis beskikbaar aan Christene wêreldwyd.

John Bunyan was ‘n predikant wat ongeveer 300 jaar gelede geleef het en in die tronk gegooi is omdat hy geweier het om op te hou om oor Christus te preek. Terwyl hy in die tronk was het hy die boek: The Pilgrim’s Progress geskryf. Sedert die publisering van die boek was die boek nog nooit uit druk nie en naas die Bybel, is Pilgrim’s Progress die boek wat die meeste gelees is ooit.

Dit is werklik ‘n besondere film wat u met vrymoedigheid as gesin kan kyk. Die film vertel die verhaal van ‘n Christen (Christian) wat ontslae probeer raak van sy sorge en oral probeer tot hy uiteindelik die nou pad ontdek na vryheid en verlossing.

Maak gerus gebruik van Revelation Media se gratis aanbod om die film te kyk saam met u gesin.

Die film kan hier afgelaai word en vereis ‘n geldige e-posadres.

Oordenkings bygevoeg

Is jy in die kantoor en wil graag vir ‘n rukkie stil word met ‘n Skrifgedeelte en oordenking vir die dag? Moet jy ‘n vergadering open en jy is nie seker wat om te lees nie? Miskien moet jy iemand in die hospitaal besoek en wil graag vir hulle ‘n bemoedigende gedagte laat? Of dalk wil jy net graag meer oor ‘n gedeelte in die Bybel te wete kom?

Kyk gerus na die “Dink” skakel. Ek het heelwat nuwe oordenkings bygevoeg.