Kerkgeboue, kansels, klokke en toga’s – waar kom dit vandaan en wat beteken dit?

Geboue, kansels, klokke en toga’s is dikwels simbole van die kerk se geskiedenis en identiteit. Maar wat is hulle werklike plek in die lewe van die gemeente? In hierdie video ondersoek ons die oorsprong, betekenis en funksie van hierdie tradisies vanuit ‘n Bybelse en gereformeerde perspektief. Ons vra hoe die kerk die erfenis van die verlede kan waardeer sonder om die kern van die evangelie uit die oog te verloor. Sluit aan vir ‘n gesprek oor die verhouding tussen vorm en inhoud, tradisie en die Skrif, en die ware roeping van die kerk in die wêreld van vandag.

Die getal 6 in die Bybel

In die vorige artikel oor getalle in die Bybel, het ons gekyk na die getal drie en gesien hoe die derde dag deur die hele Skrif die patroon volg van God se redding. In hierdie artikel kyk ons na die getal ses. Die getal ses het deur die eeue allerhande spekulasie uitgelok. Mense het dit op pouse, presidente, rekenaarstelsels en strepieskodes van toepassing gemaak. Die gereformeerde eksegese probeer om hierdie soort speurwerk te vermy en die Bybel te lees vir wat dit is, naamlik God se openbaring. Die Bybel is nie ‘n kodeboek nie. Die getalle in die Skrif is teologiese boodskappe, nie towerformules nie. Maar dat ses iets in die Bybel sê, en iets baie spesifiek, kan ons ook nie ontken nie. Die getal ses vertoon in Bybelse en buite-Bybelse tradisies ’n gelaaide betekenis.

Continue reading

Die getal 3 in die Bybel

Getalle in die Bybel: Die getal drie

Inleiding
Vanjaar het ek in die Pinkster-reeks gefokus op getalle wat herhaaldelik in die Skrif opduik en hulle simboliese betekenis. Ek het gefokus op drie, ses, sewe, twaalf, veertig en vyftig. Die doel is nie om die Bybel in ‘n kodeboek te verander, asof ons dit moet “ontsyfer” voor ons die Bybel verstaan nie. Getalle in die Skrif funksioneer eerder as wegwysers. Hulle is literêre tekens wat die leser help om die patroon van God se handelinge in die Skrif raak te sien. Ons leer dus die Skrif lees soos dit homself wil laat lees.

 

Die getal drie

Die getal drie staan voorop, want die hele Pinkster-gebeure rus op iets wat op ‘n derde dag plaasgevind het. Sonder die derde dag sou daar geen vyftigste dag wees nie. Sonder die opstanding sou die uitstorting van die Heilige Gees onnodig wees.

Drie dra in die Bybelse wêreld die betekenis van orde en volledigheid. Dit het ‘n begin, ‘n middel en ‘n einde. Dit is die kleinste getal wat ‘n patroon vorm. Een gebeurtenis kan terloops wees, twee kan nog lukraak wees, maar drie vestig ‘n patroon. Ons verstaan dit almal. Wanneer iets driemaal gebeur in ‘n verhaal, weet die leser dat iets beslissends op pad is.

Continue reading