Wat is metodisme?
Wat is Metodisme en hoe vergelyk dit met ons Gereformeerde tradisie?
prof. Gerrit Smit
Die Metodistekerk kom voort uit herlewingsbewegings van die 18de eeu. Dit is dus ‘n pinksterkerk.
John Wesley was die stigter van die metodisme, om hierdie rede word die Metodiste kerke dikwels ook Wesleyaanse kerke genoem. Wesley het egter sy lewe lank ‘n Anglikaan gebly. Na sy dood word ‘n eie genootskap gestig, wat wegbreek van die Anglikaanse kerk.
Die woord “Metodiste” was aanvanklik ‘n skeldnaam. Veragtelik is van hulle gepraat as mense wat ‘n “metodetjie” vir geloof wil uitwerk. Mettertyd het die naam so algemeen geword dat die kerk dit as ‘n amptelike naam geneem het.
Enkele individuele Britse Setlaars bring die Metodistekerk na SA. Hulle doen veral sendingwerk in Transkei waar vandag nog ‘n sterk Metodistekerk is.
Die Wesleyane het die “Four Alls”: “The preaching of the Word to all men; all men need to be saved, all men can be saved, all men can know themselves to be saved”.
Hulle aanvaar die 12 artikels, maar het geen ander belydenisskrifte nie.
Hulle beskou nie die hele Skrif as geïnspireerd nie. Hulle sê dit sou “fundamentalisme” wees. Hulle meen daar is foute in die Bybel, selfs woorde van Satan. Alles wat bots met wat Jesus gesê het, is ‘n fout. Hulle aanvaar wel die wonderwerke al is dit deur die apostels opgeteken.
Die metodisme is nie ‘n valse kerk nie, maar in die lig van die gereformeerde kerke se beskouing ‘n onsuiwer kerk.