Die vervolging van die vroeg-Christelike kerk (Deel 1)

Soos reeds in ‘n vorige deel gemeld, kyk ons in ‘n reeks artikels na lyding in die vroeg-Christelike kerk. In hierdie deel fokus ek kortliks op die gebeure wat die vervolging van die vroeë kerk ingelei het. Hiervan lees ons reeds in die Nuwe Testament. Die kruisiging van Christus sou die begin van ‘n lang en bloeddorstige stryd teen die kerk wees. Continue reading

Lyding deur die bril van die vroeë kerk

Vir baie jare al is die martelaarskap, vervolging en lyding in die vroeg-Christelike kerk ‘n tema waaroor ek baie opgelees het, geskryf, gepreek en in kursusse aangebied het.

Ek het besluit om ‘n reeks te plaas oor dié tema om met ander te deel hoe relevant hierdie tema vandag nog is, en op watter wyses hierdie gevaar steeds ‘n bedreiging vir die sigbare kerk inhou.

Continue reading

Teologie vs. Godsdienswetenskap

Vir dié van julle wat belangstel (in besonder die predikante en teoloë): ek het vanoggend ‘n referaat gelewer oor die Nuwe-Testamentiese wetenskap ten opsigte van die moderne Teologiese vakdissiplines.

Die moderne neiging is om “Teologie” te vervang met “Godsdienswetenskap” by Teologiese Fakulteite (ook hier in Suid-Afrika). Vanuit die geskiedenis kan ons duidelik sien dat daar ‘n filosofiese verskil bestaan tussen die twee, waar die kerklike voorgangers deur die eeue heen ten gunste van Teologie in die plek van Godsdienswetenskap geredeneer het. In die referaat sit ek uiteen watter aksente ‘n rol speel in die twee benaderings en bespreek die vraag: is Teologie ‘n wetenskap of kuns?

Die referaat is hier beskikbaar: Teologie vs. Godsdienswetenskap