Die Barnabas-brief (ongeveer 138 n.C.)

Kopiereg voorbehou

Oor die “brief” van Barnabas

deur prof. Gerrit Smit

Die brief van Barnabas is nie regtig ‘n brief nie, maar word so genoem omdat dit die voorkoms van ‘n antieke brief het. ‘n Brief het egter normaalweg persoonlike mededelings en groete, ‘n inleiding en ‘n slot en gerig aan spesifieke persone of instellings. Die Barnabas-brief het nie enige sulke kenmerke nie, en kan eerder ‘n teologiese beskrywing genoem word as ‘n brief.

Die outeur van die brief word nie gemeld nie. Barnabas word ook nie as outeur van die brief in die apostoliese era aanvaar nie. Klemens van Aleksandrië (einde van die tweede eeu) haal gereeld uit die Barnabas-brief uit aan, asook Origenes, wat bevestig dat die brief reeds in die tweede eeu in Aleksandrië bekend was in die kerk. Daar was egter van vroeg af in die kerk aanvaar dat die brief toegeskryf word aan Barnabas, die medewerker van Paulus. Daar bestaan egter vandag sterk twyfel of Barnabas werklik die outeur van die brief was.

Hoewel die outeur sterk standpunt inneem teen die Joodse verwerping van die Christene en veral Christus, is die brief nie anti-Ou Testament nie en hanteer die aanhalings uit die Ou Testament met die grootste eerbied. Die skrywer meen dat die Jode die Christene doelbewus misverstaan, en neem sterk standpunt in teen die nakoming van die Joodse Sabbat, die besnydenis en die Joodse reinheidsgebruike.

Die plek van die brief in die lys van Apostoliese werke

Die Barnabas-brief is baie waarskynlik oorspronklik in Aleksandrië geskryf. Die Codex Sinaïticus sluit die Barnabas-brief in die lys van Nuwe-Testamentiese boeke in net na die Openbaring van Johannes. Volgens die outeur van die werk is die doel van die brief om kennis (γνῶσις) en geloof te leer. Die brief is waarskynlik vroeg in die tweede eeu na Christus geskrywe onder die regering van keiser Hadrianus (ongeveer 138 n.C.), hoewel sommige geleerdes die boek heelwat vroeër wil dateer (tussen 70-132 n.C.).

Die Griekse teks van die Barnabas-brief

Die Griekse teks van die Barnabas-brief kan hier gevind word: Migne, Patrologiae Graeca, vol. 2