Klemens van Rome se lewe en werke

Ek het die afgelope paar jaar gewerk om die kerkvaders gesistematiseer weer te gee met hulle werke. Die vertalings van die kerkvaders is veral in Engels algemeen beskikbaar maar ‘n Afrikaanse vertaling bestaan sover my kennis strek, nog nie. Ek wil graag mettertyd ‘n Afrikaanse weergawe hier plaas, maar dit sal eers heelwat later kan wees. Een van die uitdagings was om die Griekse tekste van die kerkvaders in ‘n formaat te kry dat dit gebruik kan word vir navorsing en aanhalings. Migne se Patrologiae Graeca in die Patrologiae Cursus Completus-reeks is algemeen  beskikbaar, maar die teks kan nie gebruik word sonder om dit oor te moet tik nie. Continue reading

Ons gee ons oor aan die nostalgie tot daar niks oor is nie

Die bekende Afrikaanse sangeres, Laurika Rauch, sing ‘n lied waarin sy dink aan die vervloë dae toe mense mekaar nog met ‘n tiekie kon bel, en nou is die kinders groot en die vriende dood, en ons gee ons oor aan die nostalgie.

Die probleem met die “nostalgiese denke” is dat dit maklik kan ontwikkel in ‘n leef in die verlede mentaliteit wat niks te doen het met ‘n waardering vir die besondere lesse uit die geskiedenis of die mooi dinge van die verlede nie, maar ‘n poging kan wees om tyd te laat stilstaan, sodat jy nie die werklikheid in die gesig hoef te kyk of die verandering rondom jou hoef te verwerk nie. Continue reading

Bar-abbas of Bar-Abba?

Die kerk preek nie ‘n stelsel nie, maar ‘n Persoon – nie ‘n mooi voorbeeld nie, maar ‘n lewensveranderende navolging.

Het jy geweet?

In Lukas 23:13-25 word hierdie werklikheid op ‘n treffende wyse deur Lukas beskrywe in die gebeure kort voor die kruisiging van die Here Jesus in die vrylating van Barabbas in plaas van Christus. As Pilatus dan oortuig is van Christus se onskuld soos hy ewe vroom verklaar, waarom laat hy Hom nie gaan nie? Die antwoord is voor-die-hand-liggend. Let op die fyn wyse waarop die Woord sinspeel op die plaasvervanging van Christus in die gedeelte in Lukas 23. Continue reading

Die maklike pad of die regte pad?

Sokrates se eer of God s’n?

Dit is 399 v.C. Die plek: Athene, Griekeland.

Die filosoof Sokrates word deur die jong manne van die stad beskuldig dat hy die gode minag en dat hy die jong manne aanmoedig om in opstand teen die stad se leierskap te kom.

Toe hy voor die regter gebring word, het die jong manne allerhande leuens oor Sokrates opgemaak en uiteindelik het die regter hom die doodstraf gegee. Hy moes ‘n mengsel van gif drink. Sy volgelinge onder wie die later baie bekende filosoof Plato, het hom gesmeek om die nag voor sy teregstelling uit die stad Athene te vlug, maar sy antwoord was dat hy dit nie kan doen nie, want hy het sy lewe lank sy volgelinge geleer om gehoorsaam te wees aan die gesag van die owerheid en dat dit in stryd met sy beginsels sou wees om nou te vlug. Die volgende dag het hy voor 500 mense in Athene die gif gedrink as vonnis en so het hy aan sy einde gekom. Continue reading

The History of the Textual Criticism of the New Testament – Marvin Vincent

marvin-tc

Ek het so tyd gelede dié boek van Marvin Vincent gekoop maar soos dit gaan, het die boek ‘n lang tyd op my lessenaar gelê en loer vir my. Ek was onder die indruk dat die boek nóg ‘n geskiedenis gee van die Teks van die Nuwe Testament en het gedink dat dit nodig is dat ek dit lees om darem net op hoogte te bly van watter aksente in hierdie werk gelê word.

Uiteindelik het ek die moed gehad om die boek wat so roep, op te tel en… Continue reading

Huisbesoek?

Wat is huisbesoek?

“Die ouer garde verwag dit. Die jonger garde vermy dit.

Die dominee móét dit doen, anders is daar moeilikheid”.

Die aanhaling hierbo is ‘n opmerking wat ‘n broeder eendag skertsend oor huisbesoek gemaak het.

En ongelukkig verklap hierdie tong-in-die-kies opmerkings meer van die deursnee lidmaat en ampsdraer se persepsie oor wat huisbesoek is.

Huisbesoek en die belang daarvan word voortdurend in die hedendaagse kerke onder die soeklig geplaas. Vrae soos: “Is daar tyd daarvoor?”; “Is dit nodig?”; en opmerkings soos: “Ons kan nie daarsonder nie” en “Die dominee doen nie sy werk nie” is ‘n paar opmerkings van die talle wat ek al die afgelope paar jaar oor die tema van huisbesoek gehoor het. As jy die verf van die oppervlak afkrap, kom jy agter hierdie soort opmerkings verwoord meer van ‘n pragmatisme by lidmate oor huisbesoek as ‘n beginsel wat by gereformeerde denkers pas. Continue reading

Die gnostici is springlewendig

Ek het so tyd gelede ‘n baie interessante artikel raakgeloop wat deur Michael Horton geskryf is oor die moderne gnostici.

Hierin lys hy die kenmerke van die dwalinge van die gnostici in die tweede tot vierde eeu na Christus en hulle invloed in die vroeg-Christelike kerk. Vervolgens vra hy die vraag of die gnostici uitgesterf het? Hy kom tot die gevolgtrekking dat die moderne herlewingsbewegings (“revivalism”) ‘n vorm van die tweede-vierde eeuse gnostici is wat in ‘n nuwe baadjie ou dwaalleringe voorstaan. Continue reading

Om sout en om lig te wees

Bestaan daar iets soos Christelike wetenskap? Moet wetenskap nie so objektief moontlik beoefen word nie? Dit is die vraag wat dikwels oor die wetenskap en die invloed van voorveronderstellings op ons beoefening daarvan gevra word.

Die afgelope eeu is godsdiens toenemend in die privaat deel van die samelewing ingedwing. Gaan kyk maar op dorpe in ons land na die plek van kerke. Waar kerke vroeër in die middel van die dorp gebou is, word kerke meer-en-meer in die buitewyke van die dorpe en in die stil systraatjies gevind. Wat die spreekwoord “uit die oog, uit die hart” dadelik by my laat opkom. Waar die kerk nie meer ‘n sigbare rol in die samelewing speel nie, word die kerk in die privaat sfeer ingedwing. “Daar in die hoekie kan julle kerk wees. Moet ons net die pla nie”. Dit laat die vraag opkom of die kerk nog iets vir die wêreld te sê het, en indien wel, op watter platform? Want die ongelowige wetenskaplike meen dat Christelike wetenskap ‘n ongesonde voorveronderstelling is en in die pad van objektiewe wetenskapsbeoefening staan.

In sy bekende werk, Exegetical Fallacies, wys Don Carson op die aanname in die nuwe hermeneutiek dat wetenskap sonder voorveronderstellings verstaan kan word, en hoe dit ‘n slaggat vir die verstaan van die Bybel kan word. As God nie as voorveronderstelling tot die wetenskap dien nie, sal iets/iemand anders wel sy plek inneem. Want wetenskap kan nie objektief wees sonder enige voorveronderstellings nie.

Ek is onlangs versoek om ‘n aanbieding voor te berei oor Christelike kuns, -kultuur en -wetenskap waarin slegs belangrike grondslae gelê word oor die Christelike beskouing van die wetenskap. In my soeke kom ek toe af op ‘n gedeelte in Eksodus 35 wat ‘n belangrike perspektief gee op die kuns en kultuur in diens van God. . 

Hoe langer godsdiens as voorveronderstelling uit die wetenskap, kuns en kultuur gehou word, hoe langer sal ‘n post-moderne voorveronderstelling oor die objektiwiteit van wetenskap, kuns en kultuur gehandhaaf word. En soos reeds aangedui, is daar nooit iets soos objektiewe wetenskap nie – dit is ‘n mite!

Gaan na https://gdssmit.files.wordpress.com/2016/09/christelike-kuns-kultuur-en-wetenskap-n-blik-op-ex-35.pdf indien jy belangstel om my perspektief op Eksodus 35 in verband met kuns, kultuur en wetenskap te lees.

P.72 en P.75 nou aanlyn beskikbaar

Ek weet dis nie almal se liefde nie, maar vir dié van ons wat belangstel in die Nuwe-Testamentiese Tekskritiek is die beskikbaarstelling van nuwe manuskripte van die Nuwe Testament altyd goeie nuus.

Hoewel die majuskel-fragmente van papirus 72 (P.72) en papirus 75 (P. 75) nie nuut is in die studie van die Nuwe-Testamentiese Tekskritiek nie, was dit tot onlangs toe slegs in manuskripvorm beskikbaar en was toegang tot die oorspronklike uiters beperk.

P.72 en P. 75 is egter onlangs aanlyn beskikbaar gestel en is nou beskikbaar vir aflaai en studie vir enige een wat belangstel daarin.

Die skakel om P.72 te kry is:
http://digi.vatlib.it/view/MSS_Pap.Bodmer.VIII

Die skakel om P. 75 te kry is:
http://digi.vatlib.it/view/MSS_Pap.Hanna.1(Mater.Verbi)

Lekker lees.

GDS

Pastoor in moeilikheid oor uitspraak teen gays

Die naweek was sosiale media aan die gons oor Steven Anderson van die VSA wat Suid-Afrika wil besoek oor twee weke. Volgens die beswaardes het hy ‘n omstrede siening oor gays. “Die Bybel praat nie van gays nie, maar van Sodomiete” is sy standpunt. Hieroor was daar sprake dat die Suid-Afrikaanse regering poog om sy visum terug te trek om hom te verhoed om die land te besoek. Intussen het die regering ontken dat hulle so iets beplan. (opdatering: op 13/09 het die departement van Binnelandse Sake aangekondig dat Anderson wel belet gaan word om die land binne te kom). Continue reading

Oordenkings bygevoeg

Is jy in die kantoor en wil graag vir ‘n rukkie stil word met ‘n Skrifgedeelte en oordenking vir die dag? Moet jy ‘n vergadering open en jy is nie seker wat om te lees nie? Miskien moet jy iemand in die hospitaal besoek en wil graag vir hulle ‘n bemoedigende gedagte laat? Of dalk wil jy net graag meer oor ‘n gedeelte in die Bybel te wete kom?

Kyk gerus na die “Dink” skakel. Ek het heelwat nuwe oordenkings bygevoeg.