Editio Critica Maior op Markus

Vir leraars en ander belangstellendes, sal die volgende inligting hopelik van waarde wees.

Die nuutste Griekse Nuwe Testament, die Editio Critica Maior (ECM) se teks op die Sinoptiese evangelies (Markus) is onlangs beskikbaar gestel. Ek het reeds in 2019 hier verwys na merkwaardige tendense  wanneer die Nestlé-Aland 27 (NA27) vergelyk word met die Nestlé-Aland 28 (NA28). Die NA 28 verskil van vroeëre kritiese uitgawes van die Griekse Nuwe Testament  in die tekskritiese aparraat se variante lesings wat ook die Bisantynse tekste in ag neem en verder is die tekskritiese aparraat gebaseer op die samehangende genealogiese model, of die sogenaamde “coherence based genealogical method”  (lees hier meer daaroor).

Continue reading

Toewydingsgeleentheid 2020 vertaling

Die bekendstelling, oftewel toewydingsgeleentheid van die 2020 Bybelvertaling, het gister (29 November 2020) in Bloemfontein plaasgevind. Weens die COVID-19 inperkings was slegs ‘n paar medewerkers wat deelgeneem het aan die vertaling teenwoordig. Dit was nietemin ‘n mooi geleentheid.

Continue reading

Kommentaar op Bogaards se 5de artikel op die 2020 Bybelvertaling

Sedert die verskyning van my artikel, Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling en weer Reaksie op Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling, was daar oorweldigende reaksie (sommige positief en sommige negatief) oor Bybelvertalers se betrokkenheid by die 2020 Bybelvertaling. Die kommentaar is van belang vir my as 1) vertaler en deelnemer aan die projek, en 2) een van die verteenwoordigers van die 5 kerke wat betrokke was by die samestelling van die sogenaamde “hooflettervertaling” en 3) as iemand wat sedert die begin van die hooflettervertaling ‘n rol gespeel het. Dit is in die lig van laasgenoemde dat ek graag enkele opmerkings waag.

Continue reading

2020 Bybelvertaling – Hebreeuse name van God

Ek het pas my kopie van die 2020 vertaling (met hoofletters) ontvang. Voor in die Bybel word ‘n oorsig gegee van die bekende Ou-Testamentiese name van God in Hebreeus en die Afrikaanse vertaling daarvan. Met die eerste oogopslag vind die leser dat die Hebreeuse teks van links na regs getik is (wat natuurlik nie korrek is nie). Ek vind voor in die Bybel ‘n los blaadjie met errata, maar daar word nie melding gemaak van die feit dat die Hebreeuse teks verkeerd is nie. Ek het wel bevestiging dat die BSA bewus is van die fout. Ek gee vervolgens die korrekte name hier.

Continue reading

Reaksie op ”Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling”

(Geredigeer op 29 Oktober 2020)

Sedert die publikasie van my mening getiteld: ”Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling”, het ek behoorlik deurgeloop onder die kritiek en kommentaar van links en regs. Dankie vir almal wat boodskappe van dank en ondersteuning gestuur het. Die belangstelling in die onderwerp wys dat daar broeders en susters is wat erns maak met die saak. Die reaksie van sommige bevestig ook hoe nodig dit is dat ons mekaar opskerp in die beginsels van Bybelvertaling, want daar is ongelukkig baie wanopvattings oor die onderwerp in omloop. Ek glo dit is en bly nodig om gesonde debat oor die 2020 vertaling (BDV) te voer.

Continue reading

Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling

Teen die einde van November 2020 word die 2020 Afrikaanse Bybelvertaling na verwagting vrygestel. Daar was vir lank ‘n proefvertaling hiervan beskikbaar, maar dit is nie die amptelike finale vertaling nie. Die finale produk word eersdaags vrygestel.

Dit is om dié rede te verwagte dat daar teen hierdie tyd weer talle gerugte die rondte sal doen op sosiale media om dié Bybelvertaling te bevraagteken en verwarring onder kerklidmate én kerklose Afrikaners te skep.

Continue reading

Afrikaanse Bybel vandag 85 jaar gelede in gebruik geneem

Ons lees vandag die Bybel in Afrikaans. So ‘n vertaling het nie sommer oornag ontstaan nie. Die “dringende behoefte aan ‘n Bybel in Afrikaans” is reeds in 1872 in ‘n artikel deur Arnolus Pannevis bepleit. Op 27 Augustus 1933 is die eerste amptelike vertaling van die Bybel in Afrikaans in gebruik geneem tydens ‘n feestelike geleentheid in Bloemfontein.  Vandag 85 jaar gelede!

En vandag is daar steeds werk aan Bybelvertalings in Afrikaans nodig. Die vertaling van die Bybel is ’n deurlopende taak van die kerk. Dit sal altyd tot by die wederkoms so wees dat die Bybel vertaal word. Alle tale verander met verloop van tyd. Daarom is dit nodig dat die Bybel voortdurend vertaal word. Ons kennis van die Bybelse tale verbeter en dit gee ons nuwe insigte in die verstaan van die Bybel. Bybelvertalings is nie volmaak nie, omdat dit mense is wat die vertaalwerk doen, en daarom is daar altyd moontlikhede om iets wat vertaal is beter te vertaal.

Ons is dankbaar dat die Vader dit so beskik het dat ons vandag 85 jaar van Bybelvertaling in Afrikaans kan vier en hoop dat die Bybel in Afrikaans nog deur die geslagte wat kom gelees en waardeer sal kan word.

Nuwe tendense en moontlikhede in die studie van die grondteks van die Nuwe Testament

Tydens ‘n Simposium aan die einde van Januarie ter viering van die Reformasie 500 in 2017, het ek ‘n referaat gelewer oor nuwe tendense en moontlikhede in die studie van die grondteks van die Nuwe Testament. In die referaat word oorsigtelik gekyk na verskillende tekstradisies van die Nuwe-Testamentiese Tekskritiek.

Continue reading

God se Woord in Grieks

Gister was internasionale Septuagint-dag. Die ontstaan van die Griekse vertaling van die Ou Testament, bekend as die Septuagint (LXX), moet verstaan word teen die agtergrond van die 3de eeu voor Christus en die gebeure in Aleksandrië, Egipte. Hoewel Hebreeus steeds deur die Jode in Palestina gepraat was, was Grieks reeds vir etlike dekades die spreektaal van die Jode in Aleksandrië, wat in Egipte gevestig het as gevolg van die diaspora (verstrooiing) onder die Assiriese ballingskap. Continue reading

Bar-abbas of Bar-Abba?

Die kerk preek nie ‘n stelsel nie, maar ‘n Persoon – nie ‘n mooi voorbeeld nie, maar ‘n lewensveranderende navolging.

Het jy geweet?

In Lukas 23:13-25 word hierdie werklikheid op ‘n treffende wyse deur Lukas beskrywe in die gebeure kort voor die kruisiging van die Here Jesus in die vrylating van Barabbas in plaas van Christus. As Pilatus dan oortuig is van Christus se onskuld soos hy ewe vroom verklaar, waarom laat hy Hom nie gaan nie? Die antwoord is voor-die-hand-liggend. Let op die fyn wyse waarop die Woord sinspeel op die plaasvervanging van Christus in die gedeelte in Lukas 23. Continue reading

P.72 en P.75 nou aanlyn beskikbaar

Ek weet dis nie almal se liefde nie, maar vir dié van ons wat belangstel in die Nuwe-Testamentiese Tekskritiek is die beskikbaarstelling van nuwe manuskripte van die Nuwe Testament altyd goeie nuus.

Hoewel die majuskel-fragmente van papirus 72 (P.72) en papirus 75 (P. 75) nie nuut is in die studie van die Nuwe-Testamentiese Tekskritiek nie, was dit tot onlangs toe slegs in manuskripvorm beskikbaar en was toegang tot die oorspronklike uiters beperk.

P.72 en P. 75 is egter onlangs aanlyn beskikbaar gestel en is nou beskikbaar vir aflaai en studie vir enige een wat belangstel daarin.

Die skakel om P.72 te kry is:
http://digi.vatlib.it/view/MSS_Pap.Bodmer.VIII

Die skakel om P. 75 te kry is:
http://digi.vatlib.it/view/MSS_Pap.Hanna.1(Mater.Verbi)

Lekker lees.

GDS