‘n Evaluering van die inleidings op die Bybelboeke in die 2020-vertaling

Opsomming:

Hierdie artikel bied ’n kritiese evaluering van die boekinleidings in die 2020-Afrikaanse Bybelvertaling (Die Bybel: Direkte Vertaling) vanuit ’n reformatoriese teologiese perspektief. Hoewel die vertaling self bedoel is om ‘n formele ekwivalente vertaling te wees wat die oorspronklike Hebreeuse, Aramese en Griekse tekste so noukeurig moontlik weergee, weerspieël die gepaardgaande inleidings ’n metodologiese benadering wat teologiese vrae oproep. Die artikel begin deur ’n reformatoriese Skrifbeskouing uiteen te sit. Teen hierdie agtergrond ondersoek ek die onderliggende aannames en metodes wat in die inleidings gebruik word, veral die invloed van die histories-kritiese metode, insluitend bronnekritiek, redaksiekritiek en teorieë oor literêre ontwikkeling. Die artikel voer aan dat hierdie benaderings hulle oorsprong het in metodologiese voorveronderstellings wat dikwels in spanning staan met die selfgetuienis van die Skrif en die getuienis van die Nuwe Testament. Verder word die breër teologiese implikasies van hierdie verskuiwing uitgelig, waaronder die verswakking van Skrifgesag en die herdefiniëring van Skrifopenbaring as ’n produk van historiese ontwikkeling.

 

Abstract:

This article offers a critical evaluation of the book introductions in the 2020 Afrikaans Bible translation (Die Bybel: Direkte Vertaling) from a Reformed theological perspective. While the translation itself aims at formal equivalence and remains closely aligned with the original Hebrew, Aramaic, and Greek texts, the accompanying introductions reflect a methodological approach that raises theological concerns. The analysis begins by outlining a Reformed doctrine of Scripture. Against this backdrop, the study examines the underlying assumptions and methods employed in the introductions, particularly the influence of the historical-critical method, including source criticism, redaction criticism, and theories of literary development. The article argues that these approaches are driven by methodological presuppositions that often stand in tension with the self-testimony of Scripture and the witness of the New Testament. Furthermore, it highlights the broader theological implications of this shift, including the weakening of scriptural authority and the redefinition of revelation as a product of historical development.

Die artikel is hier beskikbaar: https://www.academia.edu/165789918/Kritiese_evaluering_van_die_inleidings_op_die_2020_Bybelvertaling

Bybelvertaling deel 9 – Hoofletters in die Messiaanse tekste van die 2020-vertaling

In hierdie negende deel van die reeks oor Bybelvertaling kyk ons na die debat rondom hoof- en kleinletters in die Ou Testament en hoe dit in die verskillende uitgawes van die 2020-Bybelvertaling hanteer is. Ons vra ook: waarom is dit vir baie gelowiges belangrik? Wat sê dit oor ons verstaan van die verhouding tussen Ou en Nuwe Testament? En hoe raak ’n lettter ons hermeneutiek en uiteindelik ons belydenis?

Bybelvertaling Deel 7: Die invloed van die Nederlanders en die Franse in SA

Hierdie deel is deel 7 van die reeks oor die geskiedenis van Bybelvertaling.

In hierdie deel word gekyk na die vestiging van die Nederlanders onder die VOC en die Franse Hugenote aan die Kaap. Die Nederlanders het die Statevertaling gebruik en die Franse Hugenote die Geneefse Bybel. Hierdie geskiedenis het ‘n rol gespeel in die ontstaan van Afrikaanse Bybelvertalings, wat in die volgende deel (deel 8) bespreek sal word.

Bybelvertaling Deel 6: Martin Luther en William Tyndale

In hierdie 6de deel oor Bybelvertaling fokus ons op Bybelvertaling tydens die Reformasie en in besonder die bydrae van Martin Luther & William Tyndale tot ons verstaan van Bybelvertaling vandag.

Bybelvertaling Deel 5: Die Waldense

In hierdie 5de deel oor Bybelvertaling fokus ons op die Waldense wat gevestig was in die berge van die Alpe en die Bybel in Frans gepreek en vertaal het in ‘n tyd toe slegs Latyn in die kerk toegelaat is.

Bybelvertaling Deel 4: Die bydrae van Johannes Hus

In hierdie 4de deel oor Bybelvertaling fokus ons op die bydrae van Johannes Hus om die Bybel in die hande van gewone gelowiges te kry.

Deel 1 het gehandel oor die doel en geskiedenis van Bybelvertaling:    • Bybelvertaling: Deel 1 – Doel en geskiedenis  

Deel 2 het gehandel oor die geskiedenis van die oordrag van die teks van die Nuwe Testament, veral drie tekstipes, naamlik die Westerse teks, Alexandrynse teks en die Bisantynse teks. Ons het ook gefokus op die omstandighede waaronder die vroeë kerk die teks van die Nuwe Testament oorgedra het:    • Bybelvertaling: Deel 2 – Die oordrag van d…  

Deel 3 het in die reeks oor Bybelvertaling fokus op die belangrike bydrae van John Wycliffe in die 14de eeu en sy Engelse vertaling van die Bybel wat die weg berei het vir Bybelvertaling in die Reformasie:    • Bybelvertaling: Deel 3 – John Wycliffe  

Bybelvertaling deel 3: Die bydrae van John Wycliffe

In hierdie derde deel in die reeks oor Bybelvertaling fokus ons op die belangrike bydrae van John Wycliffe in die 14de eeu en sy Engelse vertaling van die Bybel wat die weg berei het vir Bybelvertaling in die Reformasie.

Deel 1 het gehandel oor die doel en geskiedenis van Bybelvertaling.

Deel 2 het gehandel oor die geskiedenis van die oordrag van die teks van die Nuwe Testament, veral drie tekstipes, naamlik die Westerse teks, Alexandrynse teks en die Bisantynse teks. Ons het ook gefokus op die omstandighede waaronder die vroeë kerk die teks van die Nuwe Testament oorgedra het.

Bybelvertaling-reeks deel 1 en 2

Hier onder is die skakels na die eerste twee dele van die Bybelvertaling-reeks vir Julie en Augustus 2025.

Deel 3 word in September opgelaai.

 

Deel 1 se tema: Die doel en geskiedenis van Bybelvertaling (Julie 2025)

 

Deel 2 se tema: Die oordrag van die teks van die Nuwe Testament (Augustus 2025)

Deel 3 se tema: Bybelvertaling voor die Reformasie

21 September 2025

Hersiening van die 1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans

Tydens die afgelope algemene Jaarvergadering van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is kennis gegee dat die 1953-vertaling van die Bybel gedurende 2024 hersien is en binnekort beskikbaar sal wees. Ek het by dié geleentheid versoek om inligting te kry oor die hersiening en wat dit behels het asook watter tekste hersien is. Dit is veral belangrik vir kerke en lidmate wat die 1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans as amptelike vertaling gebruik, om te weet wat verander is in die hersiening en om kommentaar te kan lewer daarop.

Aangesien ek pas die inligting van die Bybelgenootskap bekom het, volg hier onder ‘n oorsig oor die belangrikste verskille en ooreenkomste tussen die 1953-vertaling soos ons dit tans ken teenoor die 1953-hersiening van die Bybel in Afrikaans.

Lees meer…

Enkele vertalingsprobleme in die 2020-vertaling bespreek

Na aanleiding van ‘n skrywe wat ek onlangs ontvang het in verband met, wat die skrywer beweer “vertalingsfoute” in die 2020 Afrikaanse  Bybelvertaling is, bespreek ek ‘n aantal vertalingsprobleme in die 2020-vertaling.

Alle verwysings kom uit die 2020 vertaling met hoofletters (2020 HL).

Lees verder…

Die bewaring van God se Woord deur die eeue

Die Bybel is nie bloot ‘n versameling ou tekste nie; dit is die geïnspireerde Woord van God wat deur die eeue op ‘n besondere wyse bewaar is. Alhoewel ons nie meer oor die oorspronklike manuskripte van die Bybel beskik nie, getuig die oorblywende handgeskrewe kopieë van ‘n besondere goddelike sorg. Die geskiedenis van hierdie manuskripte bied vir die gelowige en die Bybelstudent ’n kosbare kykie in die wyse waarop God sy Woord bewaar het, sodat dit tot vandag toe gelees en bestudeer kan word.

Lees meer…

Verskille tussen die Hebreeuse en Griekse tekste van die boek Ester

Dwarsdeur die kerkgeskiedenis was daar twee bekende weergawes van die boek Ester in gebruik. Die een is die weergawe waarmee óns baie bekend is, naamlik die Hebreeuse weergawe (Masoretiese teks), wat in Bybelvertalings in Protestantse kringe voorkom en wat die oorspronklike weergawe van Ester verteenwoordig. Die ander een is die Griekse weergawe (Septuagint-teks) wat vroeg reeds as teks onder die Jode ná die ballingskap voorgekom het en wat ook deur baie gelowiges deur die eeue heen gelees is.

Lees meer…

 

Het ons ‘n Roomse Bybel?

Ek kry gereeld die vraag of die Bybel soos ons dit vandag ken, dieselfde een is as wat die vroeg-Christelike kerk gebruik het en of die vroeë kerkvaders dieselfde Kanon geken het as ons?

Daar word veral agterdog veroorsaak omdat die naam van keiser Konstantyn verbind word met die Bybel se aanvaarding. Dan Brown se Da Vinci Code en Baigent & Leigh se Holy Blood, Holy Grail skets Konstantyn as iemand wat die kerk misbruik het om politieke doelwitte te bereik. Hulle beweer dat hy die Sinode van Nicéa in 325 na Christus byeen geroep het onder valse voorwendsels, sodat ons vandag ‘n weergawe van Konstantyn se Bybel het, en nie die een wat in die vroeg-Christelike kerk voor die vierde eeu in gebruik was nie.

In hierdie artikel bespreek ek die vraag of ons ‘n Roomse Bybel het? Lees meer…

Editio Critica Maior op Markus

Vir leraars en ander belangstellendes, sal die volgende inligting hopelik van waarde wees.

Die nuutste Griekse Nuwe Testament, die Editio Critica Maior (ECM) se teks op die Sinoptiese evangelies (Markus) is onlangs beskikbaar gestel. Ek het reeds in 2019 hier verwys na merkwaardige tendense  wanneer die Nestlé-Aland 27 (NA27) vergelyk word met die Nestlé-Aland 28 (NA28). Die NA 28 verskil van vroeëre kritiese uitgawes van die Griekse Nuwe Testament  in die tekskritiese aparraat se variante lesings wat ook die Bisantynse tekste in ag neem en verder is die tekskritiese aparraat gebaseer op die samehangende genealogiese model, of die sogenaamde “coherence based genealogical method”  (lees hier meer daaroor).

Continue reading

2020 vertaling met hoofletters: die gebruik van ”Jy” en ”Jou”

Enige leser wat jare lank veral die 1933/53 Bybelvertaling gebruik, sal gou ‘n verskil tussen die bekende teks van dié vertaling en die 2020-vertaling opmerk in terme van die gebruik van die voornaamwoorde ”jy” en ”jou” in plaas van ”u”, veral in die Ou-Testamentiese Messiaanse tekste, maar ook op ander plekke.

Continue reading

2020 vertaling: wêreldbeeld vs. wêreldbeskouing

In antwoord op ‘n onlangse artikel wat my artikel oor die wêreldbeeld van die Ou-Testament aanhaal, enkele opmerkings:

Die skrywer het nie onderskeid getref tussen die ”wêreldbeeld” en die ”wêreldbeskouing” van die Ou-Testamentiese gelowige nie. Ek het nie kommentaar gelewer op die ”wêreldbeskouing” van die Ou Testamentiese gelowige  nie, en daarom is die debat hieroor, na my mening, buite konteks en stuur dit die argument in ‘n rigting wat nie deur my geïmpliseer is of geopen is nie.

Die gemelde artikel skep die indruk dat ek sou impliseer dat die Ou-Testamentiese wêreldbeeld ”primitief” is teenoor ons sogenaamde ”wetenskaplike gevorderde wêreldbeeld”, asof ons die antieke mens moet bejammer. Dit is geensins die geval nie.

Continue reading

2020 vertaling: ”oerwater” in Genesis 1:2

In Genesis 1:2 word תהום soos volg vertaal in die verskillende vertalings:

1953 vertaling:

En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

1983-vertaling:

Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.

2020-vertaling:

Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die oerwater.

Waarom het die 2020-vertaling ”oerwater” in die vertaling?

Continue reading

2020-vertaling: beeld van God of sy verteenwoordiger?

Foto: Geneem by die Kerk van die aankondiging, Bethlehem, Israel, 2019

Kyk na die volgende verse…

In Genesis 1:26 lees ons dat die mens na die beeld van God geskape is.

”En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis… “(1953 vertaling).

Maar lees hoe het die 1983-vertaling die vers vertaal:

”Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld… “(1983-vertaling)

Continue reading

Verwys ’Ĕlōhīm altyd na God in die Bybel?

In Psalm 45:6 en 7 vind ons die Hebreeuse woord ’Ĕlōhīm (God/gode).

Wat het die 2020 Afrikaanse Bybelvertaling daarmee gemaak?

Continue reading