Moet Jesus se Naam vertaal word met Josua?

In sommige kringe het daar ’n hernieude aandrang ontstaan om die Naam van Jesus as “Josua” of “Jashua” weer te gee in vertalings, veral met ’n beroep op die Hebreeuse vorm יְהוֹשֻׁעַ (Yehoshua). Hierdie benadering word dikwels aangebied as ’n herstel van sogenaamde “oorspronklike” Bybelse akkuraatheid. Tog berus hierdie argumentasie dikwels op ’n gebrekkige verstaan van taalontwikkeling, transliterasie, en, meer fundamenteel, van die teologiese aard van die Nuwe-Testamentiese openbaring self.

Continue reading

‘n Evaluering van die inleidings op die Bybelboeke in die 2020-vertaling

Opsomming:

Hierdie artikel bied ’n kritiese evaluering van die boekinleidings in die 2020-Afrikaanse Bybelvertaling (Die Bybel: Direkte Vertaling) vanuit ’n reformatoriese teologiese perspektief. Hoewel die vertaling self bedoel is om ‘n formele ekwivalente vertaling te wees wat die oorspronklike Hebreeuse, Aramese en Griekse tekste so noukeurig moontlik weergee, weerspieël die gepaardgaande inleidings ’n metodologiese benadering wat teologiese vrae oproep. Die artikel begin deur ’n reformatoriese Skrifbeskouing uiteen te sit. Teen hierdie agtergrond ondersoek ek die onderliggende aannames en metodes wat in die inleidings gebruik word, veral die invloed van die histories-kritiese metode, insluitend bronnekritiek, redaksiekritiek en teorieë oor literêre ontwikkeling. Die artikel voer aan dat hierdie benaderings hulle oorsprong het in metodologiese voorveronderstellings wat dikwels in spanning staan met die selfgetuienis van die Skrif en die getuienis van die Nuwe Testament. Verder word die breër teologiese implikasies van hierdie verskuiwing uitgelig, waaronder die verswakking van Skrifgesag en die herdefiniëring van Skrifopenbaring as ’n produk van historiese ontwikkeling.

 

Abstract:

This article offers a critical evaluation of the book introductions in the 2020 Afrikaans Bible translation (Die Bybel: Direkte Vertaling) from a Reformed theological perspective. While the translation itself aims at formal equivalence and remains closely aligned with the original Hebrew, Aramaic, and Greek texts, the accompanying introductions reflect a methodological approach that raises theological concerns. The analysis begins by outlining a Reformed doctrine of Scripture. Against this backdrop, the study examines the underlying assumptions and methods employed in the introductions, particularly the influence of the historical-critical method, including source criticism, redaction criticism, and theories of literary development. The article argues that these approaches are driven by methodological presuppositions that often stand in tension with the self-testimony of Scripture and the witness of the New Testament. Furthermore, it highlights the broader theological implications of this shift, including the weakening of scriptural authority and the redefinition of revelation as a product of historical development.

Die artikel is hier beskikbaar: https://www.academia.edu/165789918/Kritiese_evaluering_van_die_inleidings_op_die_2020_Bybelvertaling

Bybelvertaling deel 9 – Hoofletters in die Messiaanse tekste van die 2020-vertaling

In hierdie negende deel van die reeks oor Bybelvertaling kyk ons na die debat rondom hoof- en kleinletters in die Ou Testament en hoe dit in die verskillende uitgawes van die 2020-Bybelvertaling hanteer is. Ons vra ook: waarom is dit vir baie gelowiges belangrik? Wat sê dit oor ons verstaan van die verhouding tussen Ou en Nuwe Testament? En hoe raak ’n lettter ons hermeneutiek en uiteindelik ons belydenis?

Bybelvertaling Deel 7: Die invloed van die Nederlanders en die Franse in SA

Hierdie deel is deel 7 van die reeks oor die geskiedenis van Bybelvertaling.

In hierdie deel word gekyk na die vestiging van die Nederlanders onder die VOC en die Franse Hugenote aan die Kaap. Die Nederlanders het die Statevertaling gebruik en die Franse Hugenote die Geneefse Bybel. Hierdie geskiedenis het ‘n rol gespeel in die ontstaan van Afrikaanse Bybelvertalings, wat in die volgende deel (deel 8) bespreek sal word.

Bybelvertaling Deel 6: Martin Luther en William Tyndale

In hierdie 6de deel oor Bybelvertaling fokus ons op Bybelvertaling tydens die Reformasie en in besonder die bydrae van Martin Luther & William Tyndale tot ons verstaan van Bybelvertaling vandag.

Bybelvertaling Deel 5: Die Waldense

In hierdie 5de deel oor Bybelvertaling fokus ons op die Waldense wat gevestig was in die berge van die Alpe en die Bybel in Frans gepreek en vertaal het in ‘n tyd toe slegs Latyn in die kerk toegelaat is.

Bybelvertaling Deel 4: Die bydrae van Johannes Hus

In hierdie 4de deel oor Bybelvertaling fokus ons op die bydrae van Johannes Hus om die Bybel in die hande van gewone gelowiges te kry.

Deel 1 het gehandel oor die doel en geskiedenis van Bybelvertaling:    • Bybelvertaling: Deel 1 – Doel en geskiedenis  

Deel 2 het gehandel oor die geskiedenis van die oordrag van die teks van die Nuwe Testament, veral drie tekstipes, naamlik die Westerse teks, Alexandrynse teks en die Bisantynse teks. Ons het ook gefokus op die omstandighede waaronder die vroeë kerk die teks van die Nuwe Testament oorgedra het:    • Bybelvertaling: Deel 2 – Die oordrag van d…  

Deel 3 het in die reeks oor Bybelvertaling fokus op die belangrike bydrae van John Wycliffe in die 14de eeu en sy Engelse vertaling van die Bybel wat die weg berei het vir Bybelvertaling in die Reformasie:    • Bybelvertaling: Deel 3 – John Wycliffe  

Bybelvertaling deel 3: Die bydrae van John Wycliffe

In hierdie derde deel in die reeks oor Bybelvertaling fokus ons op die belangrike bydrae van John Wycliffe in die 14de eeu en sy Engelse vertaling van die Bybel wat die weg berei het vir Bybelvertaling in die Reformasie.

Deel 1 het gehandel oor die doel en geskiedenis van Bybelvertaling.

Deel 2 het gehandel oor die geskiedenis van die oordrag van die teks van die Nuwe Testament, veral drie tekstipes, naamlik die Westerse teks, Alexandrynse teks en die Bisantynse teks. Ons het ook gefokus op die omstandighede waaronder die vroeë kerk die teks van die Nuwe Testament oorgedra het.

Bybelvertaling-reeks deel 1 en 2

Hier onder is die skakels na die eerste twee dele van die Bybelvertaling-reeks vir Julie en Augustus 2025.

Deel 3 word in September opgelaai.

 

Deel 1 se tema: Die doel en geskiedenis van Bybelvertaling (Julie 2025)

 

Deel 2 se tema: Die oordrag van die teks van die Nuwe Testament (Augustus 2025)

Deel 3 se tema: Bybelvertaling voor die Reformasie

21 September 2025

Die bewaring van God se Woord deur die eeue

Die Bybel is nie bloot ‘n versameling ou tekste nie; dit is die geïnspireerde Woord van God wat deur die eeue op ‘n besondere wyse bewaar is. Alhoewel ons nie meer oor die oorspronklike manuskripte van die Bybel beskik nie, getuig die oorblywende handgeskrewe kopieë van ‘n besondere goddelike sorg. Die geskiedenis van hierdie manuskripte bied vir die gelowige en die Bybelstudent ’n kosbare kykie in die wyse waarop God sy Woord bewaar het, sodat dit tot vandag toe gelees en bestudeer kan word.

Lees meer…

Editio Critica Maior op Markus

Vir leraars en ander belangstellendes, sal die volgende inligting hopelik van waarde wees.

Die nuutste Griekse Nuwe Testament, die Editio Critica Maior (ECM) se teks op die Sinoptiese evangelies (Markus) is onlangs beskikbaar gestel. Ek het reeds in 2019 hier verwys na merkwaardige tendense  wanneer die Nestlé-Aland 27 (NA27) vergelyk word met die Nestlé-Aland 28 (NA28). Die NA 28 verskil van vroeëre kritiese uitgawes van die Griekse Nuwe Testament  in die tekskritiese aparraat se variante lesings wat ook die Bisantynse tekste in ag neem en verder is die tekskritiese aparraat gebaseer op die samehangende genealogiese model, of die sogenaamde “coherence based genealogical method”  (lees hier meer daaroor).

Continue reading

Toewydingsgeleentheid 2020 vertaling

Die bekendstelling, oftewel toewydingsgeleentheid van die 2020 Bybelvertaling, het gister (29 November 2020) in Bloemfontein plaasgevind. Weens die COVID-19 inperkings was slegs ‘n paar medewerkers wat deelgeneem het aan die vertaling teenwoordig. Dit was nietemin ‘n mooi geleentheid.

Continue reading

Kommentaar op Bogaards se 5de artikel op die 2020 Bybelvertaling

Sedert die verskyning van my artikel, Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling en weer Reaksie op Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling, was daar oorweldigende reaksie (sommige positief en sommige negatief) oor Bybelvertalers se betrokkenheid by die 2020 Bybelvertaling. Die kommentaar is van belang vir my as 1) vertaler en deelnemer aan die projek, en 2) een van die verteenwoordigers van die 5 kerke wat betrokke was by die samestelling van die sogenaamde “hooflettervertaling” en 3) as iemand wat sedert die begin van die hooflettervertaling ‘n rol gespeel het. Dit is in die lig van laasgenoemde dat ek graag enkele opmerkings waag.

Continue reading

2020 Bybelvertaling – Hebreeuse name van God

Ek het pas my kopie van die 2020 vertaling (met hoofletters) ontvang. Voor in die Bybel word ‘n oorsig gegee van die bekende Ou-Testamentiese name van God in Hebreeus en die Afrikaanse vertaling daarvan. Met die eerste oogopslag vind die leser dat die Hebreeuse teks van links na regs getik is (wat natuurlik nie korrek is nie). Ek vind voor in die Bybel ‘n los blaadjie met errata, maar daar word nie melding gemaak van die feit dat die Hebreeuse teks verkeerd is nie. Ek het wel bevestiging dat die BSA bewus is van die fout. Ek gee vervolgens die korrekte name hier.

Continue reading

Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling

Teen die einde van November 2020 word die 2020 Afrikaanse Bybelvertaling na verwagting vrygestel. Daar was vir lank ‘n proefvertaling hiervan beskikbaar, maar dit is nie die amptelike finale vertaling nie. Die finale produk word eersdaags vrygestel.

Dit is om dié rede te verwagte dat daar teen hierdie tyd weer talle gerugte die rondte sal doen op sosiale media om dié Bybelvertaling te bevraagteken en verwarring onder kerklidmate én kerklose Afrikaners te skep.

Continue reading