God werk bekering

God gee die bekering aan wie Hy wil

prof. Gerrit Smit

Lees: 1 Tim. 2:1-8

1 Tim. 2:4 leer dat God wil hê alle mense moet gered word en tot kennis van die waarheid kom. Hoe moet ons dit verstaan?

Calvyn: Daarmee dui hy (Paulus) hoegenaamd niks anders aan as dat Hy vir geen groep mense die weg tot hulle saligheid gesluit het nie. Ja, hy gee eerder te kenne dat Hy sy barmhartigheid so uitgestort het dat Hy wil dat niemand daarsonder sal wees nie (Inst. III.24.16, 60-63).

God wil hê almal moet gered word

Lees: 1 Tim. 2:3-4; Klaagl. 5:21

Dit is duidelik as ons die gedeelte in 1 Timotheus 2 lees dat hier nie van elke mens afsonderlik gepraat word nie, maar oor klasse van mense Dink aan Paulus: hoedat hy doelgerig was om die kerk te vernietig en deur God tot inkeer gedwing is op die pad na Damaskus. Dit gebeur egter nie so in almal se lewe nie. Dit staan God vry om sagkens te roep, of om te dwing, of in sy genade by iemand verby te gaan. Bekering is ongetwyfeld in God se hand. Of Hy almal tot bekering wil laat kom, is sy besluit. Paulus bedoel dus hier dat geen mens na God toe kom as God nie eers na die mens toe kom nie. Dit doen Hy deur sy Seun, Jesus Christus, aan die mens bekend te stel en die mens in Hom as Verlosser te laat glo. Soos Jeremia dit beskryf het: “Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is die Here my God” (Jer. 31:8). Daar is vervolgens geen verskil tussen mense nie, behalwe dat party begenadigde sondaars is en ander volhardende sondaars. Goddelose mense kan hulle nie verontskuldig dat hulle nie ‘n toevlugsoord het waarheen hulle hulle van die slawerny van die sonde kan wend nie, want hulle verwerp die toevlugsoord wat hulle aangebied is. Die wat tot die dood toe volhard, sal die ewige lewe nie sien nie.of groepe mense. Paulus praat ook nie hier oor die dinge wat God in almal doen nie. Hy sê eerder dat God self kan besluit watter konings en owerhede aan die hemelse leer kan deelhê, alhoewel hulleself alles in hul vermoë doen om dit teen te staan.

Om oor te bid: Dank die Here dat Hy self die toevlugsoord van die slawerny van die sonde kom gee het, naamlik Jesus Christus waardeur ons alleen gered kan word.