Is dit in die drinkwater? Nee, in die hart!

Iemand sê onlangs in ‘n gesprek hy kom uit die dae toe “gay” beteken het jy is bly oor iets (soos Shakespeare en ander bekende skrywers dikwels die woord in Engels gebruik het).

Vandag het dit ‘n gelaaide sosiale term geword vir ‘n saak waaroor kerke eerder na die Bybel as na die samelewing behoort te kyk om antwoorde te soek oor die kwessie. Sou mens ‘n paar jaar gelede kon glo dat selfs Afrikaanse Gereformeerde kerke so bohaai sou maak oor ‘n saak waaroor die Bybel duidelik is en ‘n blinde met ‘n stok kan voel dit gaan meer oor sosiale aanvaarding as oor die beginsels van die Bybel in die debatte oor die saak? Een ding is seker en dit is dat dié kwessie vir kerke toenemend ‘n moeilike strydpunt gaan wees. Continue reading

Is die toekoms van die kerk in die hande van heidene?

Reeds in 1932 het George P. Hedley[1] verwys na die sogenaamde “fundamentalisme” wat die knie moet buig voor, wat hy genoem het, die “liberale Christendom”.

Volgens Hedley was daar sedert die begin van die negentiende eeu ‘n tendens, dat vir elke kop wat geskuif het van liberale teologie na ortodoksie, ‘n honderd geskuif het van ortodoksie na liberale teologie. Hy meen (opgewonde) dat die kansels op daardie stadium vol predikante is wat nie dink of praat ooreenkomstig die belydenisse of die geloofsartikels van die stigters van die kerk nie. Hedley skryf die tendens toe aan gegradueerde Christene, wat grootgeword het in die kerk, maar in sekulêre universiteite gestudeer het, en so “geloofsvolwasse” geword het en gevolglik pynloos oorbeweeg het van ‘n ortodokse Christendom na ‘n “moderne” Christendom, wat hulle nie veel steur aan belydenisse en geloofsartikels nie. Continue reading

Wat is ‘n Gereformeerde kerk?

Wat vir ‘n vraag is dit? Almal ken tog die antwoord. Regtig? Word Calvinisme nie té dikwels gereduseer tot 5 punte nie? Iemand sou antwoord: dit kan alles teruggevoer word na Luther en die 95 stellinge aan die kerkdeur van Wittenberg (1517) en Johannes Calvyn het die Reformasie deurgevoer na elke terrein van die gelowige se lewe. En toe..? En nou is daar gereformeerde kerke. Dit lyk asof sommige lidmate die Reformasie hier sien ophou. Om gereformeerd te wees, beteken vir baie lidmate nie veel meer as die basiese kennis van die twee hooffigure van die Reformasie wat ek hier bo genoem het nie. Continue reading