Die vervolging van die vroeg-Christelike kerk (Deel 1)

Soos reeds in ‘n vorige deel gemeld, kyk ons in ‘n reeks artikels na lyding in die vroeg-Christelike kerk. In hierdie deel fokus ek kortliks op die gebeure wat die vervolging van die vroeë kerk ingelei het. Hiervan lees ons reeds in die Nuwe Testament. Die kruisiging van Christus sou die begin van ‘n lang en bloeddorstige stryd teen die kerk wees. Continue reading

Voor die aangesig van die Here sal ek vrolik wees

(Boodskap met die herdenking van die dertigste bestaansjaar van die AP Kerkverband: 27 Junie 1987-27 Junie 2017).

Tersaaklike Skrifgedeelte: 2 Samuel 6:1-23

2 Samuel 6:21b – “…voor die aangesig van die Here sal ek vrolik wees”.

Die ark van die verbond was ‘n houtkis oorgetrek met goud, waarin die staf van Aäron, die kliptafels waarop die Wet van Moses geskryf was en (volgens Joodse oorlewering) ook die mantel van Moses geplaas is. Die ark was simbolies vir die teenwoordigheid van die Here.

Inleiding

Na Saul se dood is die ark van die Here deur die Filistyne weggeneem na die vyande se gebied en in Dagon se tempel gesit. Na al die teenspoede wat die Filistyne beleef met die ark in hulle midde, laat hulle Dawid toe om die ark te neem na Israel. Die enigste lewende God laat Hom nie gelykstel met afgode nie.

Dit wil voorkom of Dawid weerstand van die Filistyne verwag het, vandaar die saamneem van 30000 manne om die ark te gaan haal. Dalk was hy bekommerd dat dit ‘n lokval kon wees? Continue reading

Daar is meer!

Tydens die afgelope teologiese konferensie van die APA in Pretoria is gefokus op die moontlike herwinning van die reformasie se erns met die Skrif en die reformatoriese inhoud in ons teologie rondom die sakramente.

Die tema was: Daar is meer! Tydens die geleentheid was daar verskillende sprekers wat ‘n oorsig gegee het oor die teologie van gemeenskap in die Skrif, die belydenisskrifte en die geskiedenis. Continue reading

Is die toekoms van die kerk in die hande van heidene?

Reeds in 1932 het George P. Hedley[1] verwys na die sogenaamde “fundamentalisme” wat die knie moet buig voor, wat hy genoem het, die “liberale Christendom”.

Volgens Hedley was daar sedert die begin van die negentiende eeu ‘n tendens, dat vir elke kop wat geskuif het van liberale teologie na ortodoksie, ‘n honderd geskuif het van ortodoksie na liberale teologie. Hy meen (opgewonde) dat die kansels op daardie stadium vol predikante is wat nie dink of praat ooreenkomstig die belydenisse of die geloofsartikels van die stigters van die kerk nie. Hedley skryf die tendens toe aan gegradueerde Christene, wat grootgeword het in die kerk, maar in sekulêre universiteite gestudeer het, en so “geloofsvolwasse” geword het en gevolglik pynloos oorbeweeg het van ‘n ortodokse Christendom na ‘n “moderne” Christendom, wat hulle nie veel steur aan belydenisse en geloofsartikels nie. Continue reading

Wat is ‘n Gereformeerde kerk?

Wat vir ‘n vraag is dit? Almal ken tog die antwoord. Regtig? Word Calvinisme nie té dikwels gereduseer tot 5 punte nie? Iemand sou antwoord: dit kan alles teruggevoer word na Luther en die 95 stellinge aan die kerkdeur van Wittenberg (1517) en Johannes Calvyn het die Reformasie deurgevoer na elke terrein van die gelowige se lewe. En toe..? En nou is daar gereformeerde kerke. Dit lyk asof sommige lidmate die Reformasie hier sien ophou. Om gereformeerd te wees, beteken vir baie lidmate nie veel meer as die basiese kennis van die twee hooffigure van die Reformasie wat ek hier bo genoem het nie. Continue reading

Huisbesoek?

Wat is huisbesoek?

“Die ouer garde verwag dit. Die jonger garde vermy dit.

Die dominee móét dit doen, anders is daar moeilikheid”.

Die aanhaling hierbo is ‘n opmerking wat ‘n broeder eendag skertsend oor huisbesoek gemaak het.

En ongelukkig verklap hierdie tong-in-die-kies opmerkings meer van die deursnee lidmaat en ampsdraer se persepsie oor wat huisbesoek is.

Huisbesoek en die belang daarvan word voortdurend in die hedendaagse kerke onder die soeklig geplaas. Vrae soos: “Is daar tyd daarvoor?”; “Is dit nodig?”; en opmerkings soos: “Ons kan nie daarsonder nie” en “Die dominee doen nie sy werk nie” is ‘n paar opmerkings van die talle wat ek al die afgelope paar jaar oor die tema van huisbesoek gehoor het. As jy die verf van die oppervlak afkrap, kom jy agter hierdie soort opmerkings verwoord meer van ‘n pragmatisme by lidmate oor huisbesoek as ‘n beginsel wat by gereformeerde denkers pas. Continue reading