Voor die aangesig van die Here sal ek vrolik wees

(Boodskap met die herdenking van die dertigste bestaansjaar van die AP Kerkverband: 27 Junie 1987-27 Junie 2017).

Tersaaklike Skrifgedeelte: 2 Samuel 6:1-23

2 Samuel 6:21b – “…voor die aangesig van die Here sal ek vrolik wees”.

Die ark van die verbond was ‘n houtkis oorgetrek met goud, waarin die staf van Aäron, die kliptafels waarop die Wet van Moses geskryf was en (volgens Joodse oorlewering) ook die mantel van Moses geplaas is. Die ark was simbolies vir die teenwoordigheid van die Here.

Inleiding

Na Saul se dood is die ark van die Here deur die Filistyne weggeneem na die vyande se gebied en in Dagon se tempel gesit. Na al die teenspoede wat die Filistyne beleef met die ark in hulle midde, laat hulle Dawid toe om die ark te neem na Israel. Die enigste lewende God laat Hom nie gelykstel met afgode nie.

Dit wil voorkom of Dawid weerstand van die Filistyne verwag het, vandaar die saamneem van 30000 manne om die ark te gaan haal. Dalk was hy bekommerd dat dit ‘n lokval kon wees? Continue reading