Waarom God se Naam nie Jehova kan wees nie

Waarom God se Naam nie Jehova/Jehowa kan wees nie

Prof. Gerrit Smit

2012

Die naam “Jehova/Jehowa”

JHWH (Die Hebreeuse woord Jahwe) is die Verbondsnaam wat oral in die Ou Testament voorkom. Daar is verskille oor hoe hierdie naam oorspronklik uitgespreek moes word, want die Jode spreek tot vandag toe nie die Naam uit nie. Hulle (die Jode) glo dat dit ‘n ydellike gebruik van die Naam van die Here sal wees. Wanneer hulle by JHWH kom, lees hulle “Adonai” wat my Here/Meester beteken.

In die Hebreeuse teks wat oorspronklik net ‘n konsonante teks was, is later vokale bygevoeg by die woord JHWH en Adonai se vokale is by JHWH se konsonante gevoeg om Jode te herinner om nie die Verbondsnaam hardop te lees nie (dit is eers in die tiende eeu na Christus gedoen).

Jehowa word nou deur party mense verkeerdelik gelees as die kombinasie tussen Jahwe en Adonai. Die uitspraak was egter nooit Jehowa/Jehova nie, maar Jahwe.

Dit is dus nie korrek om die twee woorde (Jahwe se konsonante en Adonai se vokale) te meng en dit dan te lees as Jehowa nie.