Papias van Hiërapolis (70 – 163 n.C.)

Kopiereg voorbehou

Papias van Hiërapolis (70-163 n.C.)

deur prof. Gerrit Smit

Papias se lewe en werke

Papias was opsiener (leraar) van die gemeente van Hiërapolis in Klein-Asië. Volgens Irenaeus se getuienis was Papias een van die leerlinge van Johannes, en hy was ook goed bevriend met Polukarpus van Smirna. Volgens die getuienis van die vroeë kerkvaders was Papias ‘n besondere intellektuele persoon. Papias was egter nie baie noukeurig met die bronne wat hy gebruik het vir sy geskrifte nie en het dikwels Nuwe-Testamentiese getuienis en die Griekse filosofie met mekaar vermeng. Die geskrifte wat ons wel van Papias het, is vir ons belangrik, veral omdat dit getuienisse van die apostels van die Here Jesus bevat, wat nie in die Nuwe Testament opgeteken is nie, en derhalwe verlore sou gaan as Papias dit nie vir die kerk bewaar het nie. Meeste van Papias se werke het slegs in fragmente behoue gebly.

Griekse fragmente van Papias se werke

Die Griekse teks van Papias se werke is slegs in fragmente beskikbaar. Dit is hier beskikbaar: Migne, Patrologiae Graeca, vol. 5