Probeer eendag van Pretoria na Johannesburg ry met jou kar in trurat. Jy sal nie ver kom nie. Dit is onwettig, dit is gevaarlik, en selfs al beweeg jy tegnies in die regte rigting, beweeg jy nie werklik vorentoe nie. Geen regsinnige mens pak ’n reis so aan nie.
Tog doen kerke dit soms. Met goeie bedoelings, en dikwels met die woord “vernuwing”, begin ’n gemeente ‘n program of aksie wat soos vooruitgang lyk, maar wat hulle eintlik terugneem na ou patrone. Dit is wat ek bedoel wanneer ek sê: reformasie kan nie in trurat gebeur nie.
Ons het die afgelope naweek op 31 Oktober weer hervormingsdag gevier. Ons het gedink aan die reformasie van die sestiende eeu en hoe dit die kerk van dwaalleer kom suiwer het. Continue reading

