Sondag se preek begin in die week

Praktiese wenke vir gemeentes vir Sondag se diens

Ons praat maklik oor die preek asof dit iets is wat van die predikant afhang. Ons vra vrae soos: Was dit ‘n goeie preek? Was dit te lank? Het hy die teks reg hanteer? Het die kinders verstaan? Dit is nie verkeerde vrae nie, en die Skrif vra dat gemeentelede moet toets wat gesê word.

Dit is egter opvallend hoe selde ons die ander helfte van die vraag vra, naamlik: Het ek reg geluister en was my aandag by die preek? Die Skrif behandel die “luister na die Woord” as ‘n vaardigheid wat aangeleer word en wat nie vanself kom nie. Die Here Jesus sê nie verniet “wie ‘n oor het” nie, maar Hy waarsku ook: “laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê” (Openbaring 2:7). “Hoor” en “luister” is werkwoorde: dit is iets wat jy doen, en meeste daarvan gebeur nie vanself nie.

Om dus die meeste uit Sondag se preek te kry, moet jy reeds in die week begin voorberei. Continue reading

Die historiese betroubaarheid van Genesis 1-11: ‘n Gereformeerde perspektief

Hierdie artikel ondersoek die historiese betroubaarheid van Genesis 1-11 vanuit ‘n Gereformeerde perspektief en argumenteer dat hierdie hoofstukke betroubare openbaring van God se dade in tyd en ruimte bied, en nie mites, teologiese simboliek of etiologiese volksverhale is nie. Die ondersoek begin by die literêre aard van die teks, waar die narratiewe formules en die geslagsregisters van Genesis 5 en 10 die vertelling in werklike tydsverloop anker, en verbind dit met die verstaan van Calvyn en Bavinck dat Genesis die begin van die verlossingsgeskiedenis is.

Vervolgens word die onderskeid tussen die Skrif se wie en waarom en die natuurwetenskap se hoe uiteengesit aan die hand van Kuyper se soewereiniteit in eie kring.

Die artikel volg daarna die ontstaan van die moderne paradigmas wat Genesis onder verdenking gebring het, naamlik Lyell se uniformisme, Darwin se evolusieteorie en die histories-kritiese metode van Wellhausen, en toon aan dat die verwerping van ‘n historiese Adam, sondvloed en Babel die argumentasie van Romeine 5, 1 Korintiërs 15, Matteus 24 en Hebreërs 11 van sy grondslag stroop.

Op wetenskaplike vlak word die tweede wet van termodinamika en Behe se onherleibare kompleksiteit aangewend as besware teen die evolusionêre voorveronderstelling van spontane vooruitgang, en word teïstiese evolusionisme as teologies onhoudbaar beoordeel. Ten opsigte van die ouderdom van die aarde word verskeie Skrifgetroue uitlegmoontlikhede erken, met die waarskuwing dat Skrifgesag nie met een uitlegtradisie vereenselwig moet word nie.

Die volledige artikel is beskikbaar by hierdie skakel en ook op op: Academia.edu

Kerkmusiek deur die eeue

Wat sê die Bybel oor kerkmusiek?

In hierdie Bybelskoling ondersoek ons die oorsprong en doel van musiek in die erediens. Ons volg die ontwikkeling van die tabernakel na die tempel, kyk na Dawid se rol in die instelling van die Levitiese musiekbediening, en vra hoe die Nuwe Testament die kerk se sang en aanbidding rig.

Onderwerpe:

• Musiek in die Ou Testament

• Dawid en die tabernakel op Sion

• Kerkmusiek in die Nuwe Testament

• Die beginsel van aanbidding by kerkmusiek

• Die reformatore se standpunt oor kerkmusiek

• Praktiese implikasies vir die kerk vandag

Vroulikheid versus feminisme

Een van die groot strydvrae van ons tyd handel oor identiteit. Die vraag van ons tyd het geword: “Wie is ek?” en “Wat dink ander van my, of my kultuur, of my taal, of my voorkeure” ens.? Hierdie soeke na identiteit raak elke aspek van die menslike bestaan, maar veral die vraag na manlikheid en vroulikheid. Wat beteken dit om ’n vrou te wees? Is vroulikheid iets wat deur God gegee word, of iets wat deur die individu gekies en self gevorm word?

Vir eeue was die Christelike antwoord relatief eenvoudig. Die mens is deur God geskape as man en vrou (Gen. 1:27), en hierdie onderskeid vorm deel van die skeppingsorde. In die afgelope eeu het hierdie eenvoudige Bybelse antwoord egter toenemend onder druk gekom deur die invloed van verskillende vorme van feminisme. Die gevolg is dat baie vroue vandag onseker is oor hul identiteit, hul roeping en hul plek in die wêreld. Continue reading