Praktiese wenke vir gemeentes vir Sondag se diens
Ons praat maklik oor die preek asof dit iets is wat van die predikant afhang. Ons vra vrae soos: Was dit ‘n goeie preek? Was dit te lank? Het hy die teks reg hanteer? Het die kinders verstaan? Dit is nie verkeerde vrae nie, en die Skrif vra dat gemeentelede moet toets wat gesê word.
Dit is egter opvallend hoe selde ons die ander helfte van die vraag vra, naamlik: Het ek reg geluister en was my aandag by die preek? Die Skrif behandel die “luister na die Woord” as ‘n vaardigheid wat aangeleer word en wat nie vanself kom nie. Die Here Jesus sê nie verniet “wie ‘n oor het” nie, maar Hy waarsku ook: “laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê” (Openbaring 2:7). “Hoor” en “luister” is werkwoorde: dit is iets wat jy doen, en meeste daarvan gebeur nie vanself nie.
Om dus die meeste uit Sondag se preek te kry, moet jy reeds in die week begin voorberei. Continue reading

Een van die mees populêre aannames in ons tyd is dat geloof iets persoonliks is wat jy op jou eie kan uitleef. Jy kan glo sonder om deel te wees van ‘n kerk. Jy kan geestelik groei sonder die las om op ‘n Sondag vroeg op te staan. Dit is ‘n onbybelse idee.