Preekhulp
Al die opsommings wat ek hier onder plaas, kom uit preke wat ek oor die afgelope meer as twee dekades gepreek het in gemeentes. In hierdie afdeling plaas ek nie volledige preke nie, aangesien ek glo elke leraar moet deur die leiding van die Heilige Gees sy eie preek skryf.
Ek plaas egter graag my preeksketse (preekopsommings) hier om van hulp te wees in die voorbereiding van die Woordbediening, veral waar dit die eksegetiese proses kan help. Onthou, dit is nie my werk om jou preek te skryf nie, hierdie is net rigtingwysers.
Die werkswyse wat ek gewoonlik volg is: Teks, tema, inleiding, 3 hoofpunte (soms meer) en slot met toepassings deur die loop van die preek.
Nota: Baie van die aanhalings uit Bybelverse kom nie presies so voor in die vertaling nie, maar is my eie vertaling. Gebruik jou eie oordeel.
Hieronder volg ‘n aantal van my preeksketse as voorbeelde:
- 1 Korinthiërs 10:23-33
Tema: Hoe beoordeel ek my vryheid in Christus?
Struktuur van die perikoopEksegetiese aantekeninge
- Genesis 4:1-16
Tema: Hoe kom ek na God? Die pad van Abel teenoor die pad van Kain
Struktuur van die perikoopEksegetiese aantekeninge
- Spreuke 1:7–19; Johannes 15:14
Tema: God gee wysheid om vriende te kies wat jou nie verlei nie, maar versterkEksegetiese aantekeninge
- Spreuke 6:1-11
Tema: Wysheid leer ons dat arbeid nie ‘n las is nie, maar ‘n roeping tot God se eer.
- Psalm 110
Tema: Christus: Koning en Priester vir ewig
- Mattheus 1:18-25
Tema: Die maagdelike geboorte bevestig God se teenwoordigheid, sy beloftes en sy sorg
- Mattheus 3:13-17
Tema: Die doop van Jesus openbaar Hom as die ware Seun van God en ons enigste Weg tot verlossing
- Mattheus 8:1-4
Tema: Christus raak aan wat onaanraakbaar is – en maak rein
- Mattheus 8:5–13
Tema: Ware geloof is nie beperk tot afkoms nie, maar tot vertroue in Christus se gesag