Die doop van kinders van ouers wat kerklos geraak het

Een van die moeilikste vrae wat ‘n kerkraad deesdae moet hanteer, is die geval van ‘n ouer wie se naam nog op die lidmaatregister staan, maar wat al jare lank nie meer die eredienste bywoon en onder die bediening van die Woord kom nie. En dan bel hulle die dominee of die kerkkantoor en vra dat hulle kind gedoop word. Soms word sulke mense selfs kwaad as hulle hoor dat die leraar eers met hulle ‘n gesprek wil hê oor die redes waarom hulle wil doop of oor hulle kerkbywoning. 

Hierdie artikel wil graag riglyne gee vir sulke gevalle. Hier gaan ons nie bespreek of die kinderdoop skriftuurlik is nie en ook nie of kinders van gelowige ouers gedoop moet word nie. Dit is reeds voorheen bespreek. Die vraag wat ons hier bespreek is om moontlike antwoorde te gee op die vraag of die verbond verdwyn wanneer mense uit die kerk verdwyn?

Lees die artikel hier.

In ‘n krip, maar nie in ‘n stal nie

Ek het groot geword met die idee dat huise in die tyd van die Nuwe Testament ‘n onderste vlak in die huis of ‘n kamer gehad het waar die diere aangehou was. Ek het later in my studies besef dat dit nie so was nie. Dit sou binne die konsep van reinheid in die antieke wêreld totaal onaanvaarbaar wees en dit sou ook baie onhigiënies gewees het. Nou hoe moet ons dan die geboorte van Jesus in die stal in Bethlehem verstaan? Continue reading