In ‘n krip, maar nie in ‘n stal nie

Ek het groot geword met die idee dat huise in die tyd van die Nuwe Testament ‘n onderste vlak in die huis of ‘n kamer gehad het waar die diere aangehou was. Ek het later in my studies besef dat dit nie so was nie. Dit sou binne die konsep van reinheid in die antieke wêreld totaal onaanvaarbaar wees en dit sou ook baie onhigiënies gewees het. Nou hoe moet ons dan die geboorte van Jesus in die stal in Bethlehem verstaan? Continue reading

Die herkoms en betekenis van Advent

Advent word aan die einde van die jaar, gewoonlik die laaste 4 weke voor Kersfees gevier. Maar in die kerklike ritme, is dit die begin van die kerkjaar. Van Kersfees af, volg ons die aardse bediening van Christus tot Paasfees waar ons die Lydensweg, dood, opstanding en hemelvaart van Christus herdenk.

Hierdie artikel handel oor die herkoms en betekenis van Advent.

Lees meer…