deur Prof. Gerrit Smit
Is die opstanding wetenskap of wetenskap-fiksie?
Paassondag konfronteer elke reg-denkende mens met ‘n historiese aanspraak wat moeilik is om te verduidelik: Jesus van Nasaret, wat op die Vrydag gekruisig is onder Pontius Pilatus, en werklik gesterf het, het op die derde dag liggaamlik uit die dood opgestaan. Deur al die eeue het die kerk dit verkondig en mense het nie gesukkel om dit te glo nie, omdat daar ‘n natuurlike aanvoeling was dat daar naas die sigbare dinge, ook ‘n onsigbare werklikheid bestaan.
Die skuif in denke oor die onsigbare werklikheid het nie oornag gebeur nie. Dit het stadig gegroei deur die tydperk van die Verligting (17de-18de eeu) en toe dramaties sigbaar geword in die Franse Revolusie (laat 18de eeu). Wat voorheen as ’n gegewe aanvaar is, naamlik dat God, engele en die geestelike wêreld werklik bestaan, was toenemend bevraagteken en uiteindelik vervang, sodat “wetenskap” mettertyd beskou was as “die dinge wat mens kan meet en sien”. Sedertdien word van die geesteswetenskappe as “sagte wetenskappe” gepraat en die natuurwetenskappe as “harde wetenskap”. Die probleem is egter dat sulke definisies ‘n fundamentele vertrekpunt neem dat slegs die tydelike dinge werklik is en die onsigbare dinge nie bestaan nie.





Ons vier vandag die 150ste herdenking sedert die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA). Dis is ‘n besondere geleentheid aangesien dit ook saamval met die eeufeesviering van Afrikaans as amptelike taal.
Ester se verhaal staan soos ’n vlam van hoop in ‘n donker, ongehoorsame wêreld. Sy tree nie op in ‘n tyd van wonderwerke of profetiese visioene nie. Inteendeel, die boek wat haar naam dra, noem nie eers die Naam van God nie. Maar juis hierin lê die krag van die getuienis van die boek Ester. Ester wys vir ons dat die Heilige Gees nie net werk in dramatiese openbarings nie, maar ook in die stil vasberadenheid van ’n vrou wat gehoorsaam is in tye van krisis.
Wanneer Christene die Hemelvaart van Jesus Christus vier, dink ons aan die triomfantelike oorwinning van die Seun van God wat na die hemel gegaan het om vir ons plek te berei. Hierdie gebeure, soos opgeteken in Handelinge 1, is ’n sleutelgebeurtenis wat die hele Christelike lewe, ons hoop op die toekoms en ons verstaan van sending vorm.
Op 20 Mei 2025 vier die Christelike kerke wêreldwyd die 1700ste herdenking van die Geloofsbelydenis van Nicéa. Hierdie belydenis is een van die belangrikste geloofsverklarings in die geskiedenis van die Christendom. Hierdie viering herinner ons aan die betekenis van belydenisskrifte in die oordrag en belydenis van die suiwer leer. Dit herinner ons ook aan die stryd wat in die kerk deur die eeue heen gewoed het om die waarheid van die Evangelie te beskerm teen dwaalleer.



