Hemelvaart: Christus aan die regterhand van die Vader

Die betekenis van “sit aan die regterhand van die Vader”
Prof. G.D.S. Smit

Inleiding
Daar is ‘n gevaar dat die leer oor die hemelvaart van Christus in die prediking van die kerk as ‘n eindpunt beskou word: die opstanding is gevier, die verhaal oor die hemelvaart word vertel, en nou is Christus weg tot die wederkoms. Die hemelvaart is egter nie ‘n afskeid nie, maar ‘n troonsbestyging. Dit is die oomblik waarop die verheerlikte Middelaar die posisie inneem wat Hom van ewigheid af toekom, en vanwaar Hy aktief as Koning en met volmag van die Vader regeer oor alle dinge. Die klassieke belydenis is dat Hy sit aan die regterhand van die Vader, en dit verdien meer aandag as wat dit in die hedendaagse kerklike nadenke ontvang. Continue reading

Wat sê die Bybel oor die wegraping?

Die leer van die wegraping soos dit in baie populêre charismatiese- en dispensasionele kringe verstaan word, naamlik dat Christus geheimsinnig kom om die gelowiges van die aarde weg te neem (weg te raap) voor of tydens ’n toekomstige groot verdrukking, is nie ’n suiwer Bybelse of gereformeerde beskouing nie. Dit berus eerder op ’n spesifieke eskatologiese raamwerk wat eers in die 19de eeu na vore gekom het deur John Nelson Darby en later populêr geword het deur die Scofield Reference Bible.

Lees meer…