Die betekenis van “sit aan die regterhand van die Vader”
Prof. G.D.S. Smit
Inleiding
Daar is ‘n gevaar dat die leer oor die hemelvaart van Christus in die prediking van die kerk as ‘n eindpunt beskou word: die opstanding is gevier, die verhaal oor die hemelvaart word vertel, en nou is Christus weg tot die wederkoms. Die hemelvaart is egter nie ‘n afskeid nie, maar ‘n troonsbestyging. Dit is die oomblik waarop die verheerlikte Middelaar die posisie inneem wat Hom van ewigheid af toekom, en vanwaar Hy aktief as Koning en met volmag van die Vader regeer oor alle dinge. Die klassieke belydenis is dat Hy sit aan die regterhand van die Vader, en dit verdien meer aandag as wat dit in die hedendaagse kerklike nadenke ontvang. Continue reading

Die herdenking van die 1700ste jaar sedert die Konsilie van Nicéa (325 n.C.), het vanjaar verskeie geleenthede gebied om die kern van die Christelike geloof weer te oordink en te bely.
In ’n wêreld waar geloofsoortuigings al hoe meer benader word asof dit afhang van die mening van die meerderheid, is dit noodsaaklik om as Christene duidelik te formuleer waarom geloof in die letterlike bestaan van die hemel ’n fundamentele waarheid in die Bybelse leer is. Die Bybel bied ’n perspektief op die hemel as ’n werklike plek, wat voorberei word deur Christus self, waar gelowiges in ewige gemeenskap met God sal verkeer. Hierdie waarheid is nie opsioneel vir die geloof nie, want dit anker die eskatologiese verwagting, morele lewe, en troos van die kerk deur die eeue heen in die belydenis van wat die Bybel daaroor leer.