Die historiese betroubaarheid van Genesis 1-11: ‘n Gereformeerde perspektief

Hierdie artikel ondersoek die historiese betroubaarheid van Genesis 1-11 vanuit ‘n Gereformeerde perspektief en argumenteer dat hierdie hoofstukke betroubare openbaring van God se dade in tyd en ruimte bied, en nie mites, teologiese simboliek of etiologiese volksverhale is nie. Die ondersoek begin by die literêre aard van die teks, waar die narratiewe formules en die geslagsregisters van Genesis 5 en 10 die vertelling in werklike tydsverloop anker, en verbind dit met die verstaan van Calvyn en Bavinck dat Genesis die begin van die verlossingsgeskiedenis is.

Vervolgens word die onderskeid tussen die Skrif se wie en waarom en die natuurwetenskap se hoe uiteengesit aan die hand van Kuyper se soewereiniteit in eie kring.

Die artikel volg daarna die ontstaan van die moderne paradigmas wat Genesis onder verdenking gebring het, naamlik Lyell se uniformisme, Darwin se evolusieteorie en die histories-kritiese metode van Wellhausen, en toon aan dat die verwerping van ‘n historiese Adam, sondvloed en Babel die argumentasie van Romeine 5, 1 Korintiërs 15, Matteus 24 en Hebreërs 11 van sy grondslag stroop.

Op wetenskaplike vlak word die tweede wet van termodinamika en Behe se onherleibare kompleksiteit aangewend as besware teen die evolusionêre voorveronderstelling van spontane vooruitgang, en word teïstiese evolusionisme as teologies onhoudbaar beoordeel. Ten opsigte van die ouderdom van die aarde word verskeie Skrifgetroue uitlegmoontlikhede erken, met die waarskuwing dat Skrifgesag nie met een uitlegtradisie vereenselwig moet word nie.

Die volledige artikel is beskikbaar by hierdie skakel en ook op op: Academia.edu

‘n Evaluering van die inleidings op die Bybelboeke in die 2020-vertaling

Opsomming:

Hierdie artikel bied ’n kritiese evaluering van die boekinleidings in die 2020-Afrikaanse Bybelvertaling (Die Bybel: Direkte Vertaling) vanuit ’n reformatoriese teologiese perspektief. Hoewel die vertaling self bedoel is om ‘n formele ekwivalente vertaling te wees wat die oorspronklike Hebreeuse, Aramese en Griekse tekste so noukeurig moontlik weergee, weerspieël die gepaardgaande inleidings ’n metodologiese benadering wat teologiese vrae oproep. Die artikel begin deur ’n reformatoriese Skrifbeskouing uiteen te sit. Teen hierdie agtergrond ondersoek ek die onderliggende aannames en metodes wat in die inleidings gebruik word, veral die invloed van die histories-kritiese metode, insluitend bronnekritiek, redaksiekritiek en teorieë oor literêre ontwikkeling. Die artikel voer aan dat hierdie benaderings hulle oorsprong het in metodologiese voorveronderstellings wat dikwels in spanning staan met die selfgetuienis van die Skrif en die getuienis van die Nuwe Testament. Verder word die breër teologiese implikasies van hierdie verskuiwing uitgelig, waaronder die verswakking van Skrifgesag en die herdefiniëring van Skrifopenbaring as ’n produk van historiese ontwikkeling.

 

Abstract:

This article offers a critical evaluation of the book introductions in the 2020 Afrikaans Bible translation (Die Bybel: Direkte Vertaling) from a Reformed theological perspective. While the translation itself aims at formal equivalence and remains closely aligned with the original Hebrew, Aramaic, and Greek texts, the accompanying introductions reflect a methodological approach that raises theological concerns. The analysis begins by outlining a Reformed doctrine of Scripture. Against this backdrop, the study examines the underlying assumptions and methods employed in the introductions, particularly the influence of the historical-critical method, including source criticism, redaction criticism, and theories of literary development. The article argues that these approaches are driven by methodological presuppositions that often stand in tension with the self-testimony of Scripture and the witness of the New Testament. Furthermore, it highlights the broader theological implications of this shift, including the weakening of scriptural authority and the redefinition of revelation as a product of historical development.

Die artikel is hier beskikbaar: https://www.academia.edu/165789918/Kritiese_evaluering_van_die_inleidings_op_die_2020_Bybelvertaling

‘n Oproep tot die herwaardering van Sola Scriptura

Tydens die herdenking van Reformasie-500, het ek ‘n artikel geskryf waarin die oproep tot die herwaardering van die reformatoriese beginsel van Sola Scriptura gevra word. In die lig van die hoeveelste debat oor die gesag van die Skrif en meer onlangs, hoe ons bv. verwysings na manlike aanspreekvorme in die Bybel moet verstaan, plaas ek die artikel hier om ‘n deeltjie by te dra tot die debat oor Skrifgesag en Skrifkritiek, met die fokus daarop dat die Nuwe-Testamentiese studie in nood is vir ‘n herwaardering van die beginsel van Sola Scriptura.

Volg hierdie skakel na die artikel.