‘n Evaluering van die inleidings op die Bybelboeke in die 2020-vertaling

Opsomming:

Hierdie artikel bied ’n kritiese evaluering van die boekinleidings in die 2020-Afrikaanse Bybelvertaling (Die Bybel: Direkte Vertaling) vanuit ’n reformatoriese teologiese perspektief. Hoewel die vertaling self bedoel is om ‘n formele ekwivalente vertaling te wees wat die oorspronklike Hebreeuse, Aramese en Griekse tekste so noukeurig moontlik weergee, weerspieël die gepaardgaande inleidings ’n metodologiese benadering wat teologiese vrae oproep. Die artikel begin deur ’n reformatoriese Skrifbeskouing uiteen te sit. Teen hierdie agtergrond ondersoek ek die onderliggende aannames en metodes wat in die inleidings gebruik word, veral die invloed van die histories-kritiese metode, insluitend bronnekritiek, redaksiekritiek en teorieë oor literêre ontwikkeling. Die artikel voer aan dat hierdie benaderings hulle oorsprong het in metodologiese voorveronderstellings wat dikwels in spanning staan met die selfgetuienis van die Skrif en die getuienis van die Nuwe Testament. Verder word die breër teologiese implikasies van hierdie verskuiwing uitgelig, waaronder die verswakking van Skrifgesag en die herdefiniëring van Skrifopenbaring as ’n produk van historiese ontwikkeling.

 

Abstract:

This article offers a critical evaluation of the book introductions in the 2020 Afrikaans Bible translation (Die Bybel: Direkte Vertaling) from a Reformed theological perspective. While the translation itself aims at formal equivalence and remains closely aligned with the original Hebrew, Aramaic, and Greek texts, the accompanying introductions reflect a methodological approach that raises theological concerns. The analysis begins by outlining a Reformed doctrine of Scripture. Against this backdrop, the study examines the underlying assumptions and methods employed in the introductions, particularly the influence of the historical-critical method, including source criticism, redaction criticism, and theories of literary development. The article argues that these approaches are driven by methodological presuppositions that often stand in tension with the self-testimony of Scripture and the witness of the New Testament. Furthermore, it highlights the broader theological implications of this shift, including the weakening of scriptural authority and the redefinition of revelation as a product of historical development.

Die artikel is hier beskikbaar: https://www.academia.edu/165789918/Kritiese_evaluering_van_die_inleidings_op_die_2020_Bybelvertaling

TikTok Teologie

Die afgelope jare, en veral sedert Covid, het ’n nuwe vorm van “Bybellees” posgevat – op selfone. Kort video’s, vinnige aanhalings en treffende Bybelverse word daagliks gedeel op sosiale media. Sommige is baie goed en aanvaarbaar, maar ‘n mens is dikwels verstom oor die vlakheid van die teologie in ander, wat soms met groot oortuiging en min konteks aangebied word. Hierdie verskynsel, wat ek “TikTok-teologie” wil noem, is ’n moderne hermeneutiese uitdaging. Aan die een kant kan mens dankbaar wees dat die Bybel wel aangehaal word, maar hóé dit aangehaal word, los van die konteks en watter verstaan daaraan gegee word, plaas ‘n groot vraagteken oor Skrifgesag. Om ’n teks buite konteks te lees, was nog altyd ’n vorm van inlees en nie uitleg nie, ongeag die vernuf om mense se aandag te trek.

Continue reading