2020 vertaling met hoofletters: die gebruik van ”Jy” en ”Jou”

Enige leser wat jare lank veral die 1933/53 Bybelvertaling gebruik, sal gou ‘n verskil tussen die bekende teks van dié vertaling en die 2020-vertaling opmerk in terme van die gebruik van die voornaamwoorde ”jy” en ”jou” in plaas van ”u”, veral in die Ou-Testamentiese Messiaanse tekste, maar ook op ander plekke.

Continue reading

2020 vertaling: wêreldbeeld vs. wêreldbeskouing

In antwoord op ‘n onlangse artikel wat my artikel oor die wêreldbeeld van die Ou-Testament aanhaal, enkele opmerkings:

Die skrywer het nie onderskeid getref tussen die ”wêreldbeeld” en die ”wêreldbeskouing” van die Ou-Testamentiese gelowige nie. Ek het nie kommentaar gelewer op die ”wêreldbeskouing” van die Ou Testamentiese gelowige  nie, en daarom is die debat hieroor, na my mening, buite konteks en stuur dit die argument in ‘n rigting wat nie deur my geïmpliseer is of geopen is nie.

Die gemelde artikel skep die indruk dat ek sou impliseer dat die Ou-Testamentiese wêreldbeeld ”primitief” is teenoor ons sogenaamde ”wetenskaplike gevorderde wêreldbeeld”, asof ons die antieke mens moet bejammer. Dit is geensins die geval nie.

Continue reading

Reaksie op ”Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling”

(Geredigeer op 29 Oktober 2020)

Sedert die publikasie van my mening getiteld: ”Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling”, het ek behoorlik deurgeloop onder die kritiek en kommentaar van links en regs. Dankie vir almal wat boodskappe van dank en ondersteuning gestuur het. Die belangstelling in die onderwerp wys dat daar broeders en susters is wat erns maak met die saak. Die reaksie van sommige bevestig ook hoe nodig dit is dat ons mekaar opskerp in die beginsels van Bybelvertaling, want daar is ongelukkig baie wanopvattings oor die onderwerp in omloop. Ek glo dit is en bly nodig om gesonde debat oor die 2020 vertaling (BDV) te voer.

Continue reading