‘n Evaluering van die inleidings op die Bybelboeke in die 2020-vertaling

Opsomming:

Hierdie artikel bied ’n kritiese evaluering van die boekinleidings in die 2020-Afrikaanse Bybelvertaling (Die Bybel: Direkte Vertaling) vanuit ’n reformatoriese teologiese perspektief. Hoewel die vertaling self bedoel is om ‘n formele ekwivalente vertaling te wees wat die oorspronklike Hebreeuse, Aramese en Griekse tekste so noukeurig moontlik weergee, weerspieël die gepaardgaande inleidings ’n metodologiese benadering wat teologiese vrae oproep. Die artikel begin deur ’n reformatoriese Skrifbeskouing uiteen te sit. Teen hierdie agtergrond ondersoek ek die onderliggende aannames en metodes wat in die inleidings gebruik word, veral die invloed van die histories-kritiese metode, insluitend bronnekritiek, redaksiekritiek en teorieë oor literêre ontwikkeling. Die artikel voer aan dat hierdie benaderings hulle oorsprong het in metodologiese voorveronderstellings wat dikwels in spanning staan met die selfgetuienis van die Skrif en die getuienis van die Nuwe Testament. Verder word die breër teologiese implikasies van hierdie verskuiwing uitgelig, waaronder die verswakking van Skrifgesag en die herdefiniëring van Skrifopenbaring as ’n produk van historiese ontwikkeling.

 

Abstract:

This article offers a critical evaluation of the book introductions in the 2020 Afrikaans Bible translation (Die Bybel: Direkte Vertaling) from a Reformed theological perspective. While the translation itself aims at formal equivalence and remains closely aligned with the original Hebrew, Aramaic, and Greek texts, the accompanying introductions reflect a methodological approach that raises theological concerns. The analysis begins by outlining a Reformed doctrine of Scripture. Against this backdrop, the study examines the underlying assumptions and methods employed in the introductions, particularly the influence of the historical-critical method, including source criticism, redaction criticism, and theories of literary development. The article argues that these approaches are driven by methodological presuppositions that often stand in tension with the self-testimony of Scripture and the witness of the New Testament. Furthermore, it highlights the broader theological implications of this shift, including the weakening of scriptural authority and the redefinition of revelation as a product of historical development.

Die artikel is hier beskikbaar: https://www.academia.edu/165789918/Kritiese_evaluering_van_die_inleidings_op_die_2020_Bybelvertaling

Bybelvertaling deel 9 – Hoofletters in die Messiaanse tekste van die 2020-vertaling

In hierdie negende deel van die reeks oor Bybelvertaling kyk ons na die debat rondom hoof- en kleinletters in die Ou Testament en hoe dit in die verskillende uitgawes van die 2020-Bybelvertaling hanteer is. Ons vra ook: waarom is dit vir baie gelowiges belangrik? Wat sê dit oor ons verstaan van die verhouding tussen Ou en Nuwe Testament? En hoe raak ’n lettter ons hermeneutiek en uiteindelik ons belydenis?

Enkele vertalingsprobleme in die 2020-vertaling bespreek

Na aanleiding van ‘n skrywe wat ek onlangs ontvang het in verband met, wat die skrywer beweer “vertalingsfoute” in die 2020 Afrikaanse  Bybelvertaling is, bespreek ek ‘n aantal vertalingsprobleme in die 2020-vertaling.

Alle verwysings kom uit die 2020 vertaling met hoofletters (2020 HL).

Lees verder…

2020 vertaling met hoofletters: die gebruik van ”Jy” en ”Jou”

Enige leser wat jare lank veral die 1933/53 Bybelvertaling gebruik, sal gou ‘n verskil tussen die bekende teks van dié vertaling en die 2020-vertaling opmerk in terme van die gebruik van die voornaamwoorde ”jy” en ”jou” in plaas van ”u”, veral in die Ou-Testamentiese Messiaanse tekste, maar ook op ander plekke.

Continue reading

2020 vertaling: wêreldbeeld vs. wêreldbeskouing

In antwoord op ‘n onlangse artikel wat my artikel oor die wêreldbeeld van die Ou-Testament aanhaal, enkele opmerkings:

Die skrywer het nie onderskeid getref tussen die ”wêreldbeeld” en die ”wêreldbeskouing” van die Ou-Testamentiese gelowige nie. Ek het nie kommentaar gelewer op die ”wêreldbeskouing” van die Ou Testamentiese gelowige  nie, en daarom is die debat hieroor, na my mening, buite konteks en stuur dit die argument in ‘n rigting wat nie deur my geïmpliseer is of geopen is nie.

Die gemelde artikel skep die indruk dat ek sou impliseer dat die Ou-Testamentiese wêreldbeeld ”primitief” is teenoor ons sogenaamde ”wetenskaplike gevorderde wêreldbeeld”, asof ons die antieke mens moet bejammer. Dit is geensins die geval nie.

Continue reading

Reaksie op ”Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling”

(Geredigeer op 29 Oktober 2020)

Sedert die publikasie van my mening getiteld: ”Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling”, het ek behoorlik deurgeloop onder die kritiek en kommentaar van links en regs. Dankie vir almal wat boodskappe van dank en ondersteuning gestuur het. Die belangstelling in die onderwerp wys dat daar broeders en susters is wat erns maak met die saak. Die reaksie van sommige bevestig ook hoe nodig dit is dat ons mekaar opskerp in die beginsels van Bybelvertaling, want daar is ongelukkig baie wanopvattings oor die onderwerp in omloop. Ek glo dit is en bly nodig om gesonde debat oor die 2020 vertaling (BDV) te voer.

Continue reading