Glo in die opstanding

Die opstanding moet vir ons ‘n werklikheid wees

prof. Gerrit Smit

Lees: 1 Kor. 15:13-20

Alles wat ons tot dusver oor ons saligheid verduidelik is gaan oor die genade van God wat na die sondaarmens gaan, sodat die sondaarmens as uitverkorene van God die ewige lewe kan erf.

Calvyn: Wanneer ons oë so op Christus gevestig en ons van die hemel afhanklik is en niks op die aarde ons oë verhinder om ons tot die beloofde geluksaligheid op te voer nie, sal hierdie uitspraak waarlik in vervulling gaan dat ons hart is waar ons skat is (Inst. III.25.1, 29-32).

Wat is die doel van die geloof?

Lees: 1 Kor. 15:13-14

Wat is die einddoel van die geloof? Dit is om Christus te sien as die uitverkore Lam van God wat gesterf het en opgestaan het en deur Wie ons lewe. Daarom sê Paulus as ons nie in die opstanding glo nie, dan is ons prediking vergeefs en dan is ook die geloof vergeefs. Hou dit hier op?

Die ewige saligheid as prys

Lees: 1 Kor. 15:19

Nee, om in Christus te glo en Hom as Verlosser aan te neem, kan nie die einddoel wees nie, want ons is steeds sterflike mense wat hoop het tot die dag dat ons sterf. Maar as Christus se hoop die sterfdag verbygaan, het ons werklik iets om op te hoop. Die apostel leer hier dat ons hoop nie beperk is tot hierdie lewe nie, want anders is ons steeds ellendige mense. Ons het die ewige saligheid om op te hoop. Hierdie prys moet nagejaag word. Dit verklaar waarom daar so min geloof op die aarde is. Want om ‘n prys na te jaag wat mens nie hier en nou kan sien nie en om talle hindernisse op aarde te oorkom om ‘n hoop te hê na die sterfdag, maak die ongelowige traag om te beweeg na God toe. Hulle kraak eerder die gelowiges af. Hulle maak eerder ‘n bespotting van hulle geloof. Ons is dus nie losgemaak van die aardse dinge nie. Die opstanding moet egter vir ons ‘n werklikheid bly.

Om oor te bid: Dank die Here vir die opstanding van Christus. Dit gee ons hoop op ons hemelse bestemming.