Die Teologie van die Koninkryk van God in Judas

Die Teologie van die Koninkryk van God in Judas

Prof. Gerrit Smit

Die dwaling waarteen Judas waarsku, bestaan juis in die verwerping van die lewe in die gemeenskap met Christus. Daarom sal hulle, die dwaalleraars, die straf ontvang wat reeds lank tevore al aangekondig is oor goddeloses en vyande van God. Sommige ervaar dit nou reeds, maar dit sal ten volle uitgemeet word aan die einde van die tyd. In sy doksologie (vs. 24-25) gee Judas die erkening aan die heerskappy van God wat die verlossing van die gelowiges en die oordele oor sy vyande behels.