Een van die moeilikste vrae wat ‘n kerkraad deesdae moet hanteer, is die geval van ‘n ouer wie se naam nog op die lidmaatregister staan, maar wat al jare lank nie meer die eredienste bywoon en onder die bediening van die Woord kom nie. En dan bel hulle die dominee of die kerkkantoor en vra dat hulle kind gedoop word. Soms word sulke mense selfs kwaad as hulle hoor dat die leraar eers met hulle ‘n gesprek wil hê oor die redes waarom hulle wil doop of oor hulle kerkbywoning.
Hierdie artikel wil graag riglyne gee vir sulke gevalle. Hier gaan ons nie bespreek of die kinderdoop skriftuurlik is nie en ook nie of kinders van gelowige ouers gedoop moet word nie. Dit is reeds voorheen bespreek. Die vraag wat ons hier bespreek is om moontlike antwoorde te gee op die vraag of die verbond verdwyn wanneer mense uit die kerk verdwyn?

Die herdenking van die 1700ste jaar sedert die Konsilie van Nicéa (325 n.C.), het vanjaar verskeie geleenthede gebied om die kern van die Christelike geloof weer te oordink en te bely.
Wanneer Christene die Hemelvaart van Jesus Christus vier, dink ons aan die triomfantelike oorwinning van die Seun van God wat na die hemel gegaan het om vir ons plek te berei. Hierdie gebeure, soos opgeteken in Handelinge 1, is ’n sleutelgebeurtenis wat die hele Christelike lewe, ons hoop op die toekoms en ons verstaan van sending vorm.