opstanding
Die getal 3 in die Bybel
Getalle in die Bybel: Die getal drie
Inleiding
Vanjaar het ek in die Pinkster-reeks gefokus op getalle wat herhaaldelik in die Skrif opduik en hulle simboliese betekenis. Ek het gefokus op drie, ses, sewe, twaalf, veertig en vyftig. Die doel is nie om die Bybel in ‘n kodeboek te verander, asof ons dit moet “ontsyfer” voor ons die Bybel verstaan nie. Getalle in die Skrif funksioneer eerder as wegwysers. Hulle is literêre tekens wat die leser help om die patroon van God se handelinge in die Skrif raak te sien. Ons leer dus die Skrif lees soos dit homself wil laat lees.
Die getal drie
Die getal drie staan voorop, want die hele Pinkster-gebeure rus op iets wat op ‘n derde dag plaasgevind het. Sonder die derde dag sou daar geen vyftigste dag wees nie. Sonder die opstanding sou die uitstorting van die Heilige Gees onnodig wees.
Drie dra in die Bybelse wêreld die betekenis van orde en volledigheid. Dit het ‘n begin, ‘n middel en ‘n einde. Dit is die kleinste getal wat ‘n patroon vorm. Een gebeurtenis kan terloops wees, twee kan nog lukraak wees, maar drie vestig ‘n patroon. Ons verstaan dit almal. Wanneer iets driemaal gebeur in ‘n verhaal, weet die leser dat iets beslissends op pad is.
Woensdag se Woord: 1 Korinthiërs 15:42-43

Woensdag se Woord: 1 Kor. 1:18

Moet ons in die letterlike opstanding van Christus glo?
In ’n tyd waar sekularisasie nie net ’n wêreldbeskouing is nie, maar baie mense se manier van dink geword het, word die opstanding van Christus dikwels herinterpreteer as ’n simboliese waarheid of ’n geestelike metafoor. Soos Alan Noble opmerk, is dit nie dat mense aktief teen die idee van ’n opstanding as ‘n wonderwerk gekant is nie, maar dat hulle dit eenvoudig nie as ’n moontlikheid oorweeg nie omdat dit nie met die menslike verstand of die moderne wetenskap wat wil bewys, rym nie. Hierdie sekulêre verbeelding stel ons voor die vraag: Is dit redelik om in die 21ste eeu in die letterlike, liggaamlike opstanding van Jesus Christus te glo?
Paasfees: Hasies en eiers of ’n rowwe houtkruis?
Ons staan op die vooraand van Paasfees. Die tema van ‘n Bybelskolingsgeleentheid wat ek onlangs aangebied het, was: Paasfees: Hasies en eiers of ’n rowwe houtkruis?
In hierdie artikel verwerk ek die inhoud en vra wat gebeur het van die vroeg-Christelike kerk se viering van Paasfees tot vandag? Gelowiges word verder opgeroep om die Christelike viering van Paasfees te herwin.
Elke jaar met die aanbreek van die Paastyd vul winkels hul rakke met sjokoladehase, gekleurde eiers, en vrolike versierings. Kinders sien uit na die sogenaamde “paaseier-soektog”, en gesinne beplan lekker kuiergeleenthede. Daar is egter ’n groter vraag wat Christene moet vra: is dít Paasfees? Wat vier ons regtig met hierdie fees? En hoe het ons gekom van ’n graf wat oopgebreek is op ’n Sondagoggend tot ’n paashaas wat eiers bring?



