Is die opstanding wetenskap of wetenskap-fiksie?

deur Prof. Gerrit Smit

Is die opstanding wetenskap of wetenskap-fiksie?

Paassondag konfronteer elke reg-denkende mens met ‘n historiese aanspraak wat moeilik is om te verduidelik: Jesus van Nasaret, wat op die Vrydag gekruisig is onder Pontius Pilatus, en werklik gesterf het, het op die derde dag liggaamlik uit die dood opgestaan. Deur al die eeue het die kerk dit verkondig en mense het nie gesukkel om dit te glo nie, omdat daar ‘n natuurlike aanvoeling was dat daar naas die sigbare dinge, ook ‘n onsigbare werklikheid bestaan.

Die skuif in denke oor die onsigbare werklikheid het nie oornag gebeur nie. Dit het stadig gegroei deur die tydperk van die Verligting (17de-18de eeu) en toe dramaties sigbaar geword in die Franse Revolusie (laat 18de eeu). Wat voorheen as ’n gegewe aanvaar is, naamlik dat God, engele en die geestelike wêreld werklik bestaan, was toenemend bevraagteken en uiteindelik vervang, sodat “wetenskap” mettertyd beskou was as “die dinge wat mens kan meet en sien”. Sedertdien word van die geesteswetenskappe as “sagte wetenskappe” gepraat en die natuurwetenskappe as “harde wetenskap”. Die probleem is egter dat sulke definisies ‘n fundamentele vertrekpunt neem dat slegs die tydelike dinge werklik is en die onsigbare dinge nie bestaan nie.

Continue reading

Gee meer as wat jy neem

Die mens staan in verhouding tot God, die skepping en die medemens.

Ons leef egter in ’n tyd waar mense eerder vra: Wat kry ek hieruit? en: Hoe help dit my?

Die Christelike godsdiens stel ’n ander vraag: Wat kan ek gee, omdat Christus sy lewe aan my gegee het? Die Bybel stel ‘n belangrike beginsel aan elke Christen in Handelinge 20:35 –Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang”. 

Hierdie week herdenk ons Paasfees. Dit vra van ons selfondersoek en ‘n persoonlike ontleding van die vraag: Gee ek meer as wat ek neem? Dit geld op al die terreine van ‘n mens se verhoudingsdriehoek.

Continue reading

Moet ons in die letterlike opstanding van Christus glo?

In ’n tyd waar sekularisasie nie net ’n wêreldbeskouing is nie, maar baie mense se manier van dink geword het, word die opstanding van Christus dikwels herinterpreteer as ’n simboliese waarheid of ’n geestelike metafoor. Soos Alan Noble opmerk, is dit nie dat mense aktief teen die idee van ’n opstanding as ‘n wonderwerk gekant is nie, maar dat hulle dit eenvoudig nie as ’n moontlikheid oorweeg nie omdat dit nie met die menslike verstand of die moderne wetenskap wat wil bewys, rym nie. Hierdie sekulêre verbeelding stel ons voor die vraag: Is dit redelik om in die 21ste eeu in die letterlike, liggaamlike opstanding van Jesus Christus te glo?

Lees meer…

Paasfees: Hasies en eiers of ’n rowwe houtkruis?

Ons staan op die vooraand van Paasfees. Die tema van ‘n Bybelskolingsgeleentheid wat ek onlangs aangebied het, was: Paasfees: Hasies en eiers of ’n rowwe houtkruis?

In hierdie artikel verwerk ek die inhoud en vra wat gebeur het van die vroeg-Christelike kerk se viering van Paasfees tot vandag? Gelowiges word verder opgeroep om die Christelike viering van Paasfees te herwin.

Elke jaar met die aanbreek van die Paastyd vul winkels hul rakke met sjokoladehase, gekleurde eiers, en vrolike versierings. Kinders sien uit na die sogenaamde “paaseier-soektog”, en gesinne beplan lekker kuiergeleenthede. Daar is egter ’n groter vraag wat Christene moet vra: is dít Paasfees? Wat vier ons regtig met hierdie fees? En hoe het ons gekom van ’n graf wat oopgebreek is op ’n Sondagoggend tot ’n paashaas wat eiers bring?

Lees meer…

Die Teologie van die tafelfees in Lukas

Pasga in die Ou TestamentIn die kerklike jaar nader ons Paasfees. Paasfees herinner aan twee belangrike tafelfeeste.

– Die tafelfees van die Pasga in die Ou Testament

– Die tafelfees van die Nagmaal in die Nuwe Testament

Tafelfeeste is egter ‘n prominente tema in die Bybel, en kom veral in die evangeliebeskrywing volgens Lukas sterk na vore.

Die Evangelie volgens Lukas bied ‘n unieke venster op die bediening van Jesus, veral in terme van sy interaksies met mense aan tafel. Meer as enige ander evangelis, wys Lukas hoe maaltye ‘n sentrale rol speel in Jesus se bediening, nie bloot as sosiale gebeure nie, maar as teologiese momente waarin die aard van die koninkryk van God geopenbaar word. Die tafelfees word in Lukas aangewend as ’n simbool van gasvryheid, verwelkoming in die koninkryk, en die nuwe gemeenskap wat Jesus vorm rondom sy eie persoon. In hierdie artikel bespreek ek hoe Lukas, deur Jesus se tafelfeespraktyke, ‘n visie van God se koninkryk verkondig—een waarin uitsluiting omgekeer word, sondaars en armes raakgesien word, en sosiale en godsdienstige grense oorskry word.

Lees meer…

Paasfees – die betekenis van die opstanding van Christus.

Volg hierdie skakel na ‘n artikel wat ek geskryf het oor die betekenis van Paasfees en die opstanding van Christus.

Wat is die gevolg van Christus se oorwinning oor die dood?