Kerkmusiek deur die eeue

Wat sê die Bybel oor kerkmusiek?

In hierdie Bybelskoling ondersoek ons die oorsprong en doel van musiek in die erediens. Ons volg die ontwikkeling van die tabernakel na die tempel, kyk na Dawid se rol in die instelling van die Levitiese musiekbediening, en vra hoe die Nuwe Testament die kerk se sang en aanbidding rig.

Onderwerpe:

• Musiek in die Ou Testament

• Dawid en die tabernakel op Sion

• Kerkmusiek in die Nuwe Testament

• Die beginsel van aanbidding by kerkmusiek

• Die reformatore se standpunt oor kerkmusiek

• Praktiese implikasies vir die kerk vandag

Sonder gereelde kerkbywoning, groei jy nie in die geloof nie

Waarom die Bybel geen ruimte laat vir geïsoleerde Christene nie

Een van die mees populêre aannames in ons tyd is dat geloof iets persoonliks is wat jy op jou eie kan uitleef. Jy kan glo sonder om deel te wees van ‘n kerk. Jy kan geestelik groei sonder die las om op ‘n Sondag vroeg op te staan. Dit is ‘n onbybelse idee.

Inteendeel, die Bybel gaan uit van die teenoorgestelde. Geloof groei binne ’n liggaam, nie in isolasie nie. Sonder gereelde kerkbywoning en aktiewe deelname aan die gemeente, stagneer geloof, al is die bedoelings opreg.

YouTube kerk is nie kerk nie.

Lees meer…

Kerkwees as belangrikste bron van kultuurverandering

Die kerk is nie maar net ‘n instelling wat vir ’n uur op ’n Sondag funksioneer nie. Die mens is in wese homo adorans – ’n aanbiddende wese. Daarom vorm die wyse waarop die kerk aanbid, die manier waarop ons oor die die wêreld dink, hoe ons werk en hoe ons leef. Almal aanbid iets of iemand. As dit nie God is nie, is dit iets of iemand anders. Daarom is kerkwees belangrik. Dit vorm kultuur.

Lees meer..