Een van die groot strydvrae van ons tyd handel oor identiteit. Die vraag van ons tyd het geword: “Wie is ek?” en “Wat dink ander van my, of my kultuur, of my taal, of my voorkeure” ens.? Hierdie soeke na identiteit raak elke aspek van die menslike bestaan, maar veral die vraag na manlikheid en vroulikheid. Wat beteken dit om ’n vrou te wees? Is vroulikheid iets wat deur God gegee word, of iets wat deur die individu gekies en self gevorm word?
Vir eeue was die Christelike antwoord relatief eenvoudig. Die mens is deur God geskape as man en vrou (Gen. 1:27), en hierdie onderskeid vorm deel van die skeppingsorde. In die afgelope eeu het hierdie eenvoudige Bybelse antwoord egter toenemend onder druk gekom deur die invloed van verskillende vorme van feminisme. Die gevolg is dat baie vroue vandag onseker is oor hul identiteit, hul roeping en hul plek in die wêreld. Continue reading
