In hierdie maand se Bybelskoling kyk ons na die gebruik van belydenisaflegging, waar dit vandaan kom en watter betekenis dit het.
Belydenisaflegging is nie ‘n sakrament nie, maar ‘n Bybels-gefundeerde kerklike gebruik. By belydenisaflegging aanvaar die gelowige persoonlik verantwoordelikheid vir sy geloof en belowe om in die leer, geloof en lewe te volhard en hom a̛an die kerklike opsig en tug te onderwerp. God belowe eerste by die doop, en die gelowige antwoord daarop deur sy geloof in die openbaar te bely.

