Die nag van Bartholomeus – 23 Augustus 1572

Vandag herdenk ons die slagting van die nag van Bartholomeus wat plaasgevind het op 23 en 24 Augustus 1572.Die St. Bartholomeusnag, soos dit later bekend sou staan, was ‘n aantal moorde wat die Rooms-Katolieke kerk teen die Calvinistiese Protestante in Frankryk uitgevoer het. Die koningin Katharina de’Medici, die moeder van koning Charles IX, het die bloedige aanval beplan na sy vriende van die Protestantse Henry III van Navarre bedrieg het om na die huwelik van die koning in Frankryk genooi te word. Baie van die prominente Hugenote (Protestante) het die troue in Parys, wat oorwegend ‘n Rooms-Katolieke gebied was, bygewoon.

In die nag van 23-24 Augustus 1572 het Katharina de’Medici die koning oorgehaal om sy soldate opdrag te gee om die Protestante in Frankryk aan te val en uit te wis. Die slagting het saamgeval met die herdenking van die Rooms-Katolieke fees van Bartholomeus. Die slagting van Protestante het in die weke wat volg uitgekring na die buitewyke van Parys en later oor die hele Frankryk. Daar word geraam dat sowat 5000-8000 Protestantse Hugenote in die paar weke wat gevolg het, uitgemoor is.

Sowat 250 000 van die Hugenote kon daarin slaag om na buurlande te vlug. So het dit gebeur dat ‘n deel van hierdie Franse Hugenote na Nederland kon vlug en het hulle voorlopig daar gevestig. Aangesien hulle geen vaderland meer gehad het nie, het sowat 200 Franse Hugenote in 1688-1689 na die Kaap van Goeie Hoop gekom om ‘n nuwe lewe aan die Suidpunt van Afrika te kom soek.

Vandag herdenk ons die koms van die Franse Calvinisme na Suid-Afrika en dank die Here vir sy voorsienigheid, selfs deur die tragiese gebeure van 23 Augustus 1572 heen.