Daar is meer!

Tydens die afgelope teologiese konferensie van die APA in Pretoria is gefokus op die moontlike herwinning van die reformasie se erns met die Skrif en die reformatoriese inhoud in ons teologie rondom die sakramente.

Die tema was: Daar is meer! Tydens die geleentheid was daar verskillende sprekers wat ‘n oorsig gegee het oor die teologie van gemeenskap in die Skrif, die belydenisskrifte en die geskiedenis.By die geleentheid het ek ook die voorreg gehad om ‘n referaat te lewer met die tema: Daar is meer! Ons belydenis oor die Nagmaal is ‘n teologie van gemeenskap. Hierin fokus ek op die verskillende tradisies wat binne die Christelike strome ontwikkel het rondom die Nagmaal en waar die tradisies vandaan kom. Ek fokus ook op die teologie van Mercersburg en hoe dit vir ons interessante stof bied om na te dink oor die wyse hoe kerke vandag die Nagmaal beskou en vier. Ons kom hieruit agter dat daar meer vir die kerkhervormers was in die sakramente, by name Calvyn.

Ek fokus hier veral op die belangrike klem by Calvyn en die belydenisskrifte op die Nagmaal as teken en seël.

U kan my referaat lees by: Daar is meer!