Klemens van Rome se lewe en werke

Ek het die afgelope paar jaar gewerk om die kerkvaders gesistematiseer weer te gee met hulle werke. Die vertalings van die kerkvaders is veral in Engels algemeen beskikbaar maar ‘n Afrikaanse vertaling bestaan sover my kennis strek, nog nie. Ek wil graag mettertyd ‘n Afrikaanse weergawe hier plaas, maar dit sal eers heelwat later kan wees. Een van die uitdagings was om die Griekse tekste van die kerkvaders in ‘n formaat te kry dat dit gebruik kan word vir navorsing en aanhalings. Migne se Patrologiae Graeca in die Patrologiae Cursus Completus-reeks is algemeen  beskikbaar, maar die teks kan nie gebruik word sonder om dit oor te moet tik nie.My ideaal is om die studie van die kerkvaders onder gereformeerde gelowiges te bevorder, aangesien daar by baie die verkeerde persepsie bestaan dat dit net die Rooms-Katolieke kerk is wat daarin belangstel. Gaan lees maar die werke van die kerkhervormers en jy sal sien hoe wemel dit van die kerkvaders se aanhalings. Calvyn haal byna op elke bladsy van die Institusie aan uit Augustinus of Chrysostomos.

Ek kan met dankbaarheid sê dat ek na baie maande se werk nou stuk-stuk die Griekse teks (soos deur my verwerk en in hoofstukke ingedeel) van die eerste Apostoliese kerkvaders gereed het. Ek gaan dit hier plaas soos ek kans kry. Ek is tans besig om dit te proeflees.

Die hoofstukindelings volg die teks van Lightfoot in sy “The Apostolic Fathers” terwyl die Griekse teks dié van Migne se Patrologiae Graeca is met ‘n paar tekskritiese opmerkings, wat eers na Migne se lewe aan die lig gekom het, wat ek bygewerk het.

Volg hierdie skakel na die eerste werk van Klemens van Rome (101 n.C):

Klemens van Rome (?-101 n.C.)