Die getal 6 in die Bybel

In die vorige artikel oor getalle in die Bybel, het ons gekyk na die getal drie en gesien hoe die derde dag deur die hele Skrif die patroon volg van God se redding. In hierdie artikel kyk ons na die getal ses. Die getal ses het deur die eeue allerhande spekulasie uitgelok. Mense het dit op pouse, presidente, rekenaarstelsels en strepieskodes van toepassing gemaak. Die gereformeerde eksegese probeer om hierdie soort speurwerk te vermy en die Bybel te lees vir wat dit is, naamlik God se openbaring. Die Bybel is nie ‘n kodeboek nie. Die getalle in die Skrif is teologiese boodskappe, nie towerformules nie. Maar dat ses iets in die Bybel sê, en iets baie spesifiek, kan ons ook nie ontken nie. Die getal ses vertoon in Bybelse en buite-Bybelse tradisies ’n gelaaide betekenis.

Continue reading

Die Covid inenting en 666


Foto geneem van: goodquestionblog.com

In reaksie op my vorige artikels, is een van die argumente wat ek dikwels teëkom, soortgelyk aan die volgende: “Wat van die waarskuwing in Openbaring 13? Daar staan in vers 16 – 17: “…en hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hul regterhand en op hulle voorhoofde gegee word: sodat niemand kan koop of verkoop nie,…” Is hierdie inenting nie die merk van die dier nie, want mense word reeds verbied om te koop (restaurante, museums, ens)? … Satan gaan mense verlei en hulle gaan die merk gegee word sonder dat hulle weet omdat hulle soos skape agter die massas aanloop.

Continue reading