Mag die Christen hom of haar verset teen die staat?

Vir die wat navraag gedoen het, hier is die skakel na my aanbieding van die tema “Verskillende Bybelse modelle vir Christelike verset” by die APA Teologiese konferensie op 27 Januarie 2020. By dieselfde geleentheid het adv. Nadene Badenhorst van Freedom of Religion SA saam met my opgetree met die tema “Die kerk en die regstelsel: Verset teen polities-korrektheid”. Nadene se aanbieding sal binne die volgende week of wat beskikbaar wees. Ek hou julle op hoogte.

 

Maak die wonder weer wakker!

So nou-en-dan sien ‘n publikasie die lig wat jou aangryp, ja wakker maak en opnuut weer laat belangstel in die wonder van die wonderwerke wat elke dag se bestaan opnuut bewonderenswaardig maak.

Een so ‘n publikasie het onlangs verskyn en is die moeite werd om te lees. Die naam is:  Awakening Wonder: A Classical Guide to Truth, Goodness & Beauty deur dr. Steve Turley. Turley het geen bekendstelling nodig in konserwatiewe teologiese kringe nie en hierdie boek bied werklik ‘n nuwe kyk op hoe die rasionalisme ons wêreld en ons denkraamwerk so kom verander het, dat baie mense in die greep van liberalisme eintlik niks anders is as post-Christene nie, al sou hulle hulself met die Christelike geloof vereenselwig. Continue reading