Die evangelie volgens die Beatles

Die skrywer, Steve Turner, het ‘n boek geskryf waarin hy die geestelike en godsdienstige invloed van die Beatles bespreek. Die Beatles word beskou as die “band that changed the history of music forever”.

Turner bespreek hoe die Beatles die hedendaagse kultuur en lewe op alle terreine beïnvloed het.

In 1966 het John Lennon ‘n herrie veroorsaak toe hy gesê het: die Beatles is meer populêr as Jesus. Op daardie stadium het sy opmerking belaglik geklink. Die Beatles is ‘n pop-groep en Jesus ‘n geestelike leier en die Verlosser van die mensdom. Maar oor die volgende paar jaar het hierdie gewilde groep geestelike leiers geword vir ‘n generasie wat ‘n uittog uit die kerk gemaak het en op soek was na vastigheid in ‘n wêreld waarin al die sekerheid begin verkrummel het.Liedjies met temas soos: Imagine, Nowhere man, All you need is love, The inner light, Carry that weight en Let it be dra sterk geestelike boodskappe, maar ‘n boodskap dat al wat jy nodig het om gelukkig te wees is liefde, vrede, vryheid en die soeke na iets meer.

Die boek bespreek hoe dwelms, seks, ‘n “anti-kerk”-teologie en die idee dat die wêreld homself van uitwissing kan red as mense mekaar liefhet die kern van die Beatles se “evangelie” was.

Waarom dink die wêreld vandag soveel anders as in die vorige eeue? Die “Gospel according to the Beatles” gee ‘n duidelike antwoord.

Lees hom gerus.