The Apostolic Fathers’ understanding of divine speech

Hierdie studie het ontstaan uit my voorbereiding vir ’n kursus wat ek in Oktober vanjaar aanbied vir die Meestersgraad-studente aan die Puritan Reformed Theological Seminary (PRTS) oor die geskiedenis en bewaring van die Bybelse teks. Terwyl ek die oordrag en ontvangs van die Bybelse teks in die vroeë kerk nagevors het met die oog op die lesings, het die aanhalingspraktyke van die Apostoliese Vaders my veral opgeval. Ek het opgemerk dat hulle Skrifaanhalings dikwels met werkwoorde van “spreek” in die teenwoordige tyd, soos λέγει, φησίν en λαλεῖ, ingelei het, terwyl die perfektum passief γέγραπται die mees voor-die-hand-liggende woord sou wees.

Hierdie waarneming het aanleiding gegee tot ’n nadere ondersoek na die vraag of die grammatikale vorm van hulle Skrifaanhalings ’n breër verstaan van die Skrif weerspieël het, naamlik as goddelike spraak wat in die hede aan die kerk gerig word. Hierdie artikel poog om die verskynsel binne sy historiese, literêre en teologiese konteks te ondersoek.

 

ABSTRACT

The Apostolic Fathers frequently introduce scriptural citations with present-tense verbs of speaking (λέγει, φησίν, λαλεῖ) alongside the perfect verb γέγραπται. They locate the reception of these texts in the gathered assembly, identify the speaker with the Word who proceeds from the silence of the old covenant, and treat the Spirit’s activity as continuing in the church’s reading and proclamation. Taken together, these habits suggest that Scripture functions for them less as a written record to be consulted than as divine address that is heard in the present. This study examines the relevant texts in their historical setting and then considers what light this early approach to divine speech may shed on the reformed understanding of Scripture as the viva vox Dei.

You can read the article on Academia.edu or Researchgate

Die vervolging van Christene onder Nero (64nC)

Skildery van Nero deur Filippo Brunelleschi.

In die vorige deel in die reeks oor die vervolging van die vroeg-Christelike kerk is gefokus op godsdienstige redes waarom die Romeine die kerk vervolg het.

In die volgende paar dele gaan ek kortliks fokus op die hoogtepunte (laagtepunte?) van die vervolging in die eerste eeue onder verskillende keisers. Dit laat ons weer besef hoe belangrik dit is dat die kerk na die geskiedenis kyk om te leer met die oog op die toekoms.

Die geskiedenis loop altyd siklies: wat was sal wees, en daar is niks nuuts onder die son nie.

In dié opsig gee die  kennis oor die vroeg-Christelike kerk se hantering van vervolging vir ons ‘n belangrike sleutel vir die hantering van konfliksituasies en moeilike vraagstukke in die hedendaagse samelewing en kerk.

Continue reading →