Is jou kinderdoop ‘n ware doop? Wat is die verskil tussen die doop as teken van bekering en die doop as teken van God se verbond?
Wat is die verskil tussen die grootdoop en die kinderdoop en wat leer die Bybel?

Ons leef in ’n tyd waarin Bybelse gebruike en kerklike tradisies dikwels bevraagteken word. Een van hierdie vraagtekens handel oor die doop van kinders. Dit is ‘n vraag wat sedert die beginjare van die Christelike kerk gevra word en wat dikwels in ons tyd herhaal word wanneer mense vra: Moet ‘n persoon nie eers tot geloof kom voordat hulle gedoop word nie?