Sedert die verskyning van my artikel, Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling en weer Reaksie op Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling, was daar oorweldigende reaksie (sommige positief en sommige negatief) oor Bybelvertalers se betrokkenheid by die 2020 Bybelvertaling. Die kommentaar is van belang vir my as 1) vertaler en deelnemer aan die projek, en 2) een van die verteenwoordigers van die 5 kerke wat betrokke was by die samestelling van die sogenaamde “hooflettervertaling” en 3) as iemand wat sedert die begin van die hooflettervertaling ‘n rol gespeel het. Dit is in die lig van laasgenoemde dat ek graag enkele opmerkings waag.
prof. Gerrit Smit
2020 Bybelvertaling – Hebreeuse name van God

Ek het pas my kopie van die 2020 vertaling (met hoofletters) ontvang. Voor in die Bybel word ‘n oorsig gegee van die bekende Ou-Testamentiese name van God in Hebreeus en die Afrikaanse vertaling daarvan. Met die eerste oogopslag vind die leser dat die Hebreeuse teks van links na regs getik is (wat natuurlik nie korrek is nie). Ek vind voor in die Bybel ‘n los blaadjie met errata, maar daar word nie melding gemaak van die feit dat die Hebreeuse teks verkeerd is nie. Ek het wel bevestiging dat die BSA bewus is van die fout. Ek gee vervolgens die korrekte name hier.
Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling
Teen die einde van November 2020 word die 2020 Afrikaanse Bybelvertaling na verwagting vrygestel. Daar was vir lank ‘n proefvertaling hiervan beskikbaar, maar dit is nie die amptelike finale vertaling nie. Die finale produk word eersdaags vrygestel.
Dit is om dié rede te verwagte dat daar teen hierdie tyd weer talle gerugte die rondte sal doen op sosiale media om dié Bybelvertaling te bevraagteken en verwarring onder kerklidmate én kerklose Afrikaners te skep.
Hoe om koelkop te bly tydens COVID-19 inperking
Teen hierdie tyd is almal in rep-en-roer nadat die regering ‘n algehele grendelstatus (“lockdown”) afgekondig wat afskop om middernag op 26 Maart 2020 en eindig om middernag 16 April 2020 (vir nou in elk geval). Behalwe vir die risiko van die virus, is daar ook die risiko van moontlike sosiale onrus wat kan ontwikkel in die volgende 21 dae en daarom is dit nodig dat ons kalm bly en nugter dink.
Ons is in die laaste ure voor die inperking begin en baie mense wonder hoe om weke van afsondering te hanteer en waarmee om besig te bly? Volgens kenners is roetine die beste manier om isolasie te hanteer. Hou by ‘n daaglikse roetine: staan dieselfde tyd op, maak jou bed op, hou jou huis skoon, was die skottelgoed, sit nog steeds jou grimering aan al gaan jy nie uit vir kos of mediese redes nie. Moenie in jou nagklere rondloop die hele dag nie. Stel vir jouself doelwitte en hou sover moontlik daarby. Lees ‘n boek, verf jou kamer, speel speletjies.
Baie van ons werk vir die eerste keer van die huis af en dit help baie as jy by kantoorure bly en jou werk in daardie tyd afhandel.
Isolasie kan mense geestelik beïnvloed en baie mense kan dit nie hanteer nie. Daarom verloor baie mense tydens isolasie hulle sin vir werklikheid en tree selfs irrasioneel op. Hou kop, bly kalm, hou by ‘n roetine. Gebruik die tyd om jou te verdiep in die Bybel en bid dat die Here vir ons uitkoms gee. Jy sal dit oorleef deur die krag van die Gees. Daar is talle voorbeelde in die kerkgeskiedenis van Christene wat kristye omskep het in geleenthede tot eer van God.
Die kerk en die regstelsel: verset teen polities-korrektheid.
Adv. Nadene Badenhorst van Freedom of Religion SA was ‘n gasspreker by die APA se teologiese dag op 27 Januarie 2020. Die tema vir die dag was: Mag die kerk in verset kom? Ek het reeds vroeër my tema, naamlik Bybelse modelle van verset geplaas, waarby adv. Badenhorst se tema aangesluit het. Adv. Badenhorst het gefokus op die bediening en verset teen polities-korrektheid. Hieronder volg haar interessante aanbieding.
Hemelvaartdag
Hemelvaartdag is die Christelike feesdag wat herdenk dat Christus na sy dood, begrafnis en opstanding sigbaar en liggaamlik na die hemel opgevaar het. Hemelvaartdag word deur baie kerke gevier en dit vind plaas op die Donderdag 40 dae na Paasfees. Hemelvaartdag word ook die fees van hemelvaart genoem.
Die vertelling van Jesus se hemelvaart word in Lukas 24:49, Markus 16:19 en Handelinge 1:3 en 9 gevind.
Lees ons hierdie gebeure bymekaar, vind ons dat Jesus na sy opstanding verskeie kere aan sy dissipels en ander verskyn het. Gedurende hierdie tyd het Hy verder met hulle gepraat oor die koninkryk van God en die koms van die Heilige Gees, waarvoor hulle moes wag (Handelinge 1:2-9). Na 40 dae is Hy in die hemel opgeneem (Handelinge 1:9-11). Terwyl die dissipels Hom gesien het (wat beteken dat Hy sigbaar opgeneem is), het twee engele verskyn en aan hulle verklaar dat Jesus net soos Hy opgevaar het, in heerlikheid sou terugkeer (vandaar die kerk se verwagting van die wederkoms). Die woord “wederkoms” kom nie in die Griekse Nuwe Testament voor nie. Die woord wat gebruik word in die Nuwe Testament word vertaal met “sigbaarwording”. Dit staan op die kerk se belydenis dat Christus nie “weg” is en “weer” moet kom, soos ‘n koning wat sy land aan adjudante oorlaat nie, maar dat Hy self deur sy Gees by die kerk en in die wêreld teenwoordig is, al kan ons Hom nie sien nie, en dat daar ‘n tyd sal kom wanneer Hy sigbaar aan die wêreld sal verskyn.
Volgens een van die vroeë kerkvaders, Augustinus van Hippo, het die viering van hemelvaart reeds in die tyd van die apostels (eerste eeu na Christus) ontstaan. Dit mag dalk een van die oudste feeste wees wat die kerk het? Presies wanneer die kerk die fees begin vier het, is nie seker nie, maar daar is aanduidings dat dit reeds in 68 n.C. herdenk was deur die vroeë kerk. Die eerste skriftelike rekord wat ons het van die viering van hemelvaart, vind ons in die tyd van keiser Konstantyn in die vierde eeu.
Hemelvaart is ‘n herinnering aan die Koninkryk van God wat by ons is en dat ons nie alleen agtergelaat is nie – God is by ons deur sy Gees. Dit herinner aan die mag van Christus. Om aan die regterhand van God te sit, soos ons belydenis verklaar, beteken dat Hy ‘n ereposisie by God ingeneem het, soos belangrike mense in die ou tyd aan die regterkant van ‘n koning of gasheer plek ingeneem het. Ons bely deur die hemelvaart dat dié wat in Christus glo, ook eendag in die hemel saam met Hom sal wees.
Godsdienstige redes vir die bloedige vervolging van die kerk
In die vorige deel is gefokus op sosiale redes waarom die kerk deur die Romeine in die eerste eeue vervolg is. In hierdie afdeling word van die belangrikste redes genoem, naamlik die godsdienstige redes waarom die kerk deur die Romeine vervolg is.
Reformasie 500: Die lewe en bydrae van John Wycliffe
Soos almal seker al teen die tyd weet vier ons oor twee weke een van die belangrikste geleenthede in die Gereformeerde Kerkgeskiedenis, naamlik die 500ste herdenking van die Protestantse Reformasie, toe Martin Luther op 31 Oktober 1517 sy 95 stellinge teen die Roomse leer aan die kerkdeur in Wittenberg, Duitsland vasgespyker het. Dit het alles in die Westerse wêreld verander! Ter herdenking aan die Reformasie 500 geleentheid, het ek onlangs ‘n Reformasie 500 tema aangebied met fokus op die lewe van persone wat die reformasie vooraf gegaan het, maar ‘n belangrike invloed gehad het in wat later as die Protestantse Reformasie bekend sou word.
Die eerste aanbieding was oor die lewe en bydrae van John Wycliffe. Indien iemand wil luister, plaas ek die aanbieding hier: https://gdssmit.com/wp-content/uploads/2017/10/reformasie-500-john-wycliffe-gds-smit-1.mp3. Kom ons word opnuut verwonder oor die genade van Here in die geskiedenis van sy kerk.
Die evangelie volgens die Beatles
Die skrywer, Steve Turner, het ‘n boek geskryf waarin hy die geestelike en godsdienstige invloed van die Beatles bespreek. Die Beatles word beskou as die “band that changed the history of music forever”.
Turner bespreek hoe die Beatles die hedendaagse kultuur en lewe op alle terreine beïnvloed het.
In 1966 het John Lennon ‘n herrie veroorsaak toe hy gesê het: die Beatles is meer populêr as Jesus. Op daardie stadium het sy opmerking belaglik geklink. Die Beatles is ‘n pop-groep en Jesus ‘n geestelike leier en die Verlosser van die mensdom. Maar oor die volgende paar jaar het hierdie gewilde groep geestelike leiers geword vir ‘n generasie wat ‘n uittog uit die kerk gemaak het en op soek was na vastigheid in ‘n wêreld waarin al die sekerheid begin verkrummel het. Continue reading
Waarom laat God toe dat mense swaar kry?
Ek het onlangs weer ‘n artikel geskryf oor die vraag: waarom laat ‘n liefdevolle God toe dat selfs gelowiges swaar kry? Die artikel bied ‘n kort teologiese antwoord op die vraag en is bedoel vir persone wat bietjie dieper na die probleem wil kyk as bloot ‘n “maklike” en “vinnige” antwoord op die probleem. Continue reading
Maak die wonder weer wakker!
So nou-en-dan sien ‘n publikasie die lig wat jou aangryp, ja wakker maak en opnuut weer laat belangstel in die wonder van die wonderwerke wat elke dag se bestaan opnuut bewonderenswaardig maak.
Een so ‘n publikasie het onlangs verskyn en is die moeite werd om te lees. Die naam is: Awakening Wonder: A Classical Guide to Truth, Goodness & Beauty deur dr. Steve Turley. Turley het geen bekendstelling nodig in konserwatiewe teologiese kringe nie en hierdie boek bied werklik ‘n nuwe kyk op hoe die rasionalisme ons wêreld en ons denkraamwerk so kom verander het, dat baie mense in die greep van liberalisme eintlik niks anders is as post-Christene nie, al sou hulle hulself met die Christelike geloof vereenselwig. Continue reading
Die klippe sal dit uitroep
Toe die Here Jesus destyds op die rug van ‘n donkie in Jerusalem ingekom het, was sommige opgewonde en het lofliedere vir Hom gesing, en ander was vies en het probeer om sy volgelinge stil te maak (Luk. 19:38-39). Jesus se antwoord was dat as die dissipels stilbly, sal die klippe dit uitroep dat Hy die Koning is (vers 40). Continue reading
Sout van die aarde op onverwagse plekke
Na die uitspraak van die hooggeregshof oor godsdiens in skole gister, is ons land nog een stappie verder van die Bybel en een stappie nader aan die suiwer sekulêre samelewing wat graag gekoester word in ons land.
Terwyl donker Afrika se lig dowwer brand, is daar ‘n stad wat bo op ‘n berg lê wie se lig skyn op plekke waar mens dit die minste sou verwag.
Christene vandag wéér in die beskuldigde bank

Voor ons Here Jesus se kruisiging was Hy in die beskuldigde bank voor die geestelike leiers van die tyd (die hoëpriester), en later voor die staat (Pilatus). Die uiteinde was dat Hy onskuldig skuldig gemaak is. En in sy voetspore volg sy dissipels die afgelope 2000 jaar. Continue reading
