Kaalvoet voor God

Wanneer Moses by die brandende doringbos kom in Eksodus 3, hoor hy hoe ‘n stem vir hom sê: “Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond” (Eks. 3:5). God openbaar daarmee iets van sy heiligheid, en terselfdertyd iets van die mens se nederige posisie voor Hom.

In die Skrif dra skoene ‘n simboliese betekenis. Skoene het te doen met besittings, ‘n uitdrukking van mag, is noodsaaklikheid vir reis, bewys status en het te doen met menslike selfstandigheid. Om jou skoene uit te trek voor God, beteken daarom dat jy jou eie aansprake laat vaar. Jy kom nie voor Hom as meester nie, maar as skepsel in afhanklikheid. Continue reading