2020 Bybelvertaling – Hebreeuse name van God

Ek het pas my kopie van die 2020 vertaling (met hoofletters) ontvang. Voor in die Bybel word ‘n oorsig gegee van die bekende Ou-Testamentiese name van God in Hebreeus en die Afrikaanse vertaling daarvan. Met die eerste oogopslag vind die leser dat die Hebreeuse teks van links na regs getik is (wat natuurlik nie korrek is nie). Ek vind voor in die Bybel ‘n los blaadjie met errata, maar daar word nie melding gemaak van die feit dat die Hebreeuse teks verkeerd is nie. Ek het wel bevestiging dat die BSA bewus is van die fout. Ek gee vervolgens die korrekte name hier.

Continue reading

Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling

Teen die einde van November 2020 word die 2020 Afrikaanse Bybelvertaling na verwagting vrygestel. Daar was vir lank ‘n proefvertaling hiervan beskikbaar, maar dit is nie die amptelike finale vertaling nie. Die finale produk word eersdaags vrygestel.

Dit is om dié rede te verwagte dat daar teen hierdie tyd weer talle gerugte die rondte sal doen op sosiale media om dié Bybelvertaling te bevraagteken en verwarring onder kerklidmate én kerklose Afrikaners te skep.

Continue reading

Pilgrim’s Progress gratis beskikbaar

Ek het reeds vantevore hier berig oor die bekendstelling van John Bunyan se Pilgrim’s Progress. Verlede jaar is die animasiefilm bekend gestel en as deel van die wêreldwye COVID-19 inperkings wat tans 2 biljoen mense in afsondering het, stel hulle die film gratis beskikbaar aan Christene wêreldwyd.

John Bunyan was ‘n predikant wat ongeveer 300 jaar gelede geleef het en in die tronk gegooi is omdat hy geweier het om op te hou om oor Christus te preek. Terwyl hy in die tronk was het hy die boek: The Pilgrim’s Progress geskryf. Sedert die publisering van die boek was die boek nog nooit uit druk nie en naas die Bybel, is Pilgrim’s Progress die boek wat die meeste gelees is ooit.

Dit is werklik ‘n besondere film wat u met vrymoedigheid as gesin kan kyk. Die film vertel die verhaal van ‘n Christen (Christian) wat ontslae probeer raak van sy sorge en oral probeer tot hy uiteindelik die nou pad ontdek na vryheid en verlossing.

Maak gerus gebruik van Revelation Media se gratis aanbod om die film te kyk saam met u gesin.

Die film kan hier afgelaai word en vereis ‘n geldige e-posadres.

Die kerk en die regstelsel: verset teen polities-korrektheid.

Adv. Nadene Badenhorst van Freedom of Religion SA was ‘n gasspreker by die APA se teologiese dag op 27 Januarie 2020. Die tema vir die dag was: Mag die kerk in verset kom? Ek het reeds vroeër my tema, naamlik Bybelse modelle van verset geplaas, waarby adv. Badenhorst se tema aangesluit het. Adv. Badenhorst het gefokus op die bediening en verset teen polities-korrektheid. Hieronder volg haar interessante aanbieding.

 

Hemelvaartdag

Hemelvaartdag is die Christelike feesdag wat herdenk dat Christus na sy dood, begrafnis en opstanding sigbaar en liggaamlik na die hemel opgevaar het. Hemelvaartdag word deur baie kerke gevier en dit vind plaas op die Donderdag 40 dae na Paasfees. Hemelvaartdag word ook die fees van hemelvaart genoem.
Die vertelling van Jesus se hemelvaart word in Lukas 24:49, Markus 16:19 en Handelinge 1:3 en 9 gevind.

Lees ons hierdie gebeure bymekaar, vind ons dat Jesus na sy opstanding verskeie kere aan sy dissipels en ander verskyn het. Gedurende hierdie tyd het Hy verder met hulle gepraat oor die koninkryk van God en die koms van die Heilige Gees, waarvoor hulle moes wag (Handelinge 1:2-9). Na 40 dae is Hy in die hemel opgeneem (Handelinge 1:9-11). Terwyl die dissipels Hom gesien het (wat beteken dat Hy sigbaar opgeneem is), het twee engele verskyn en aan hulle verklaar dat Jesus net soos Hy opgevaar het, in heerlikheid sou terugkeer (vandaar die kerk se verwagting van die wederkoms). Die woord “wederkoms” kom nie in die Griekse Nuwe Testament voor nie. Die woord wat gebruik word in die Nuwe Testament word vertaal met “sigbaarwording”. Dit staan op die kerk se belydenis dat Christus nie “weg” is en “weer” moet kom, soos ‘n koning wat sy land aan adjudante oorlaat nie, maar dat Hy self deur sy Gees by die kerk en in die wêreld teenwoordig is, al kan ons Hom nie sien nie, en dat daar ‘n tyd sal kom wanneer Hy sigbaar aan die wêreld sal verskyn.

Volgens een van die vroeë kerkvaders, Augustinus van Hippo, het die viering van hemelvaart reeds in die tyd van die apostels (eerste eeu na Christus) ontstaan. Dit mag dalk een van die oudste feeste wees wat die kerk het? Presies wanneer die kerk die fees begin vier het, is nie seker nie, maar daar is aanduidings dat dit reeds in 68 n.C. herdenk was deur die vroeë kerk. Die eerste skriftelike rekord wat ons het van die viering van hemelvaart, vind ons in die tyd van keiser Konstantyn in die vierde eeu.

Hemelvaart is ‘n herinnering aan die Koninkryk van God wat by ons is en dat ons nie alleen agtergelaat is nie – God is by ons deur sy Gees. Dit herinner aan die mag van Christus. Om aan die regterhand van God te sit, soos ons belydenis verklaar, beteken dat Hy ‘n ereposisie by God ingeneem het, soos belangrike mense in die ou tyd aan die regterkant van ‘n koning of gasheer plek ingeneem het. Ons bely deur die hemelvaart dat dié wat in Christus glo, ook eendag in die hemel saam met Hom sal wees.

Die vervolging van Christene onder Nero (64nC)

Skildery van Nero deur Filippo Brunelleschi.

In die vorige deel in die reeks oor die vervolging van die vroeg-Christelike kerk is gefokus op godsdienstige redes waarom die Romeine die kerk vervolg het.

In die volgende paar dele gaan ek kortliks fokus op die hoogtepunte (laagtepunte?) van die vervolging in die eerste eeue onder verskillende keisers. Dit laat ons weer besef hoe belangrik dit is dat die kerk na die geskiedenis kyk om te leer met die oog op die toekoms.

Die geskiedenis loop altyd siklies: wat was sal wees, en daar is niks nuuts onder die son nie.

In dié opsig gee die  kennis oor die vroeg-Christelike kerk se hantering van vervolging vir ons ‘n belangrike sleutel vir die hantering van konfliksituasies en moeilike vraagstukke in die hedendaagse samelewing en kerk.

Continue reading

Godsdienstige redes vir die bloedige vervolging van die kerk

In die vorige deel is gefokus op sosiale redes waarom die kerk deur die Romeine in die eerste eeue vervolg is. In hierdie afdeling word van die belangrikste redes genoem, naamlik die godsdienstige redes waarom die kerk deur die Romeine vervolg is.

Continue reading

Sosiale redes vir die bloedige vervolging van die vroeë kerk

Die vervolging van die vroeg-Christelike kerk (Deel 2)

In deel 2 van die reeks oor die vervolging van die vroeg-Christelike kerk, wil ek graag enkele opmerkings maak oor die redes waarom die Christene sedert die ontstaan van die kerk so wreedaardig vervolg is. Daar kan talle redes gegee word. In hierdie deel word een van die redes bekyk, naamlik die Christene se sosiale stryd met die Grieks-Romeinse samelewing.

Continue reading

Die vervolging van die vroeg-Christelike kerk (Deel 1)

Soos reeds in ‘n vorige deel gemeld, kyk ons in ‘n reeks artikels na lyding in die vroeg-Christelike kerk. In hierdie deel fokus ek kortliks op die gebeure wat die vervolging van die vroeë kerk ingelei het. Hiervan lees ons reeds in die Nuwe Testament. Die kruisiging van Christus sou die begin van ‘n lang en bloeddorstige stryd teen die kerk wees. Continue reading

Reformasie 500: Die lewe en bydrae van John Wycliffe

Soos almal seker al teen die tyd weet vier ons oor twee weke een van die belangrikste geleenthede in die Gereformeerde Kerkgeskiedenis, naamlik die 500ste herdenking van die Protestantse Reformasie, toe Martin Luther op 31 Oktober 1517 sy 95 stellinge teen die Roomse leer aan die kerkdeur in Wittenberg, Duitsland vasgespyker het. Dit het alles in die Westerse wêreld verander! Ter herdenking aan die Reformasie 500 geleentheid, het ek onlangs ‘n Reformasie 500 tema aangebied met fokus op die lewe van persone wat die reformasie vooraf gegaan het, maar ‘n belangrike invloed gehad het in wat later as die Protestantse Reformasie bekend sou word.

Die eerste aanbieding was oor die lewe en bydrae van John Wycliffe. Indien iemand wil luister, plaas ek die aanbieding hier: https://gdssmit.com/wp-content/uploads/2017/10/reformasie-500-john-wycliffe-gds-smit-1.mp3. Kom ons word opnuut verwonder oor die genade van Here in die geskiedenis van sy kerk.

Die evangelie volgens die Beatles

Die skrywer, Steve Turner, het ‘n boek geskryf waarin hy die geestelike en godsdienstige invloed van die Beatles bespreek. Die Beatles word beskou as die “band that changed the history of music forever”.

Turner bespreek hoe die Beatles die hedendaagse kultuur en lewe op alle terreine beïnvloed het.

In 1966 het John Lennon ‘n herrie veroorsaak toe hy gesê het: die Beatles is meer populêr as Jesus. Op daardie stadium het sy opmerking belaglik geklink. Die Beatles is ‘n pop-groep en Jesus ‘n geestelike leier en die Verlosser van die mensdom. Maar oor die volgende paar jaar het hierdie gewilde groep geestelike leiers geword vir ‘n generasie wat ‘n uittog uit die kerk gemaak het en op soek was na vastigheid in ‘n wêreld waarin al die sekerheid begin verkrummel het. Continue reading

Waarom laat God toe dat mense swaar kry?

Ek het onlangs weer ‘n artikel geskryf oor die vraag: waarom laat ‘n liefdevolle God toe dat selfs gelowiges swaar kry? Die artikel bied ‘n kort teologiese antwoord op die vraag en is bedoel vir persone wat bietjie dieper na die probleem wil kyk as bloot ‘n “maklike” en “vinnige” antwoord op die probleem. Continue reading

Maak die wonder weer wakker!

So nou-en-dan sien ‘n publikasie die lig wat jou aangryp, ja wakker maak en opnuut weer laat belangstel in die wonder van die wonderwerke wat elke dag se bestaan opnuut bewonderenswaardig maak.

Een so ‘n publikasie het onlangs verskyn en is die moeite werd om te lees. Die naam is:  Awakening Wonder: A Classical Guide to Truth, Goodness & Beauty deur dr. Steve Turley. Turley het geen bekendstelling nodig in konserwatiewe teologiese kringe nie en hierdie boek bied werklik ‘n nuwe kyk op hoe die rasionalisme ons wêreld en ons denkraamwerk so kom verander het, dat baie mense in die greep van liberalisme eintlik niks anders is as post-Christene nie, al sou hulle hulself met die Christelike geloof vereenselwig. Continue reading